018 294 5276
SUPER CAST
orders@supercast.co.za

Bloemhof Sloep 2019 – Jeandre vd Westhuizen

[et_pb_section fb_built=”1″ _builder_version=”3.9″][et_pb_row _builder_version=”3.9″][et_pb_column type=”3_4″ _builder_version=”3.9″ parallax=”off” parallax_method=”on”][et_pb_text _builder_version=”3.9″]

Op die hakke na ‘n uitdagende maar lekker Pro Mania Finaal breek die Nasionale Kampioenskappe aan waar ek Vrystaat se 0/19 A span verteenwoordig. Die land se top provinsie wat oewerhengel aanbetref.

k het die voorreg gehad om Junior Protea Ryno Annandale te kon hê as my penmaat. Ons begin in die D sone en ons plan was om die voer patrone van die vis te bepaal want hoe anders wil jy visvang as jy nie op die regte plek gooi nie?

Met die oefendae wat so vinnig verby is het ek en Ryno met ‘n goeie plan by die water opgedaag. Ons trek penne en ons kry pen D8. Ek begin die dag deur my SVB voer aan te maak. Ek begin op 105m met Perdeby Plus saam Legend op die bol met Garlic oozers as hoek aas. My tweede stok begin ek op 125m met dieselfde dips en aas. As die kol bietjie tiller geword het dan voeg ek net ‘n bietjie Sniper by of sit so 3 rysmiere op die onderste hoek. Ek weeg 28 vis en eindig 5de in my sone uit 22 hengelaars.

Die volgende dag skuif ons F9 toe. Ek begin op dieselfde afstande maar ek het ‘n bietjie veranderinge gemaak op my stokke. Op die 105m het ek die dips dieselfde gehou maar in plaas daarvan om 2 garlic oozers te as hoek aas het ek een geruil met ‘n Legend float. Op die 125m het ek met Tjop Tjop en FX begin met dieselfde hoekaas as die ander stok. Vinnig is ek in die vis en dis beter klas vis as die vorige dag .Toe die kol stiller geword het, het ek Stuttaford "O" bygevoeg en die vis het nog vinniger gebyt. Toe kom ‘n bekende Bloemhof storm en ons sit ‘n uur en ‘n half in die kar. Na die weerlig begin die vis weer lekker byt. Ek weeg 46 vis vir 38kg en eindig algeheel 1ste in my sone.

Die laaste dag van die kampioenskappe skuif ons B4 toe. Ek maak ‘n aanpassing by my afstande omdat ek inligting gekry het dat die vis bietjie nader is in die sone. Ek begin op 95m met Sniper en Perdeby op die bol saam Legend floats op die hoeke. Die anderstok was op 105m met Perdeby Plus en Legend op die bol saam Garlic oozers op die hoeke. Ek vang vinnig ‘n paar visse maar toe is dit doodstil op beide kolle. Ek skuif 125m toe met dieselfde aas wat op die 105m stok was. Ek het seker oor die 60 vis verloor a.g.v hak plekke, maar kon darem 35 vis geweeg en kry sodoende ‘n 7de in my sone.

Prysuitdeling:

Vrystaat is algeheel 2de op die Kampioenskappe. Ek was gelukkig genoeg om uitgenooi te word na die Nasionale proewe. Ek wil net geluk sê vir Sentraal Noordwes se oorwinning die jaar. Julle verdien dit…

Ek wil dankie se vir my penmaat Ryno Annendale vir die lekker SA’s en baie dankie aan Oom Schalk vir die beste borg in die land. Baie dankie ook aan al die ondersteuning van die huis af .

Nasionale Proewe

Die begin van die Nasionale proewe is op die hakke van die Nasionale Kampioenskappe en waar dan anders as die bekende Bloemhof Sloep. Ek begin op pen 3. Met die inligting wat ek bymekaar kon maak begin ek op 65m met Perdeby en Legend op die bol saam Garlic oozers. Die ander stok begin ek op 105m met Tjop-Tjop en FX met ‘n Legend float bo en ‘n Garlic oozer onder. Later werk die kort stok so goed ek skuif van 105 m na 75 m met dieselfde aas en dips as op die 65m stok. Na die eerste 4 ure staan ek op so om en by 30 vis.

Na die skuif staan ek op pen 36. Met geen inligting op die pen begin ek op 65m en 75m met dieselfde aas as die vorige pen. Toe die stokke stil word sit ek Stinkvoete by op die 65m stok en op die 75m stok voeg ek FX by en haal die Legend af. Ek weeg 66 vis vir 43kg en ek was gelukkig genoeg om die dag algeheel te wen.

Dag 2 van die proewe begin ek op pen 45. Ek begin op 65m met Perdeby en Legend op die bol en op die hoeke Garlic oozers. Op die 75m begin ek met FX saam Perdeby met ‘n Legend float bo en Garlic oozer onder. Ek begin goed en skuif na die volgende pen met 36 vis.

Pen 22. Ek het die vorige dag net slegte goed van die sone gehoor. Maar vol moed gaan ek aan met die vorige pen se planne. Die vis is baie stiller as by die vorige sone dus besluit ek om die onderste hoek in Pandemonium te dip en in fluoro te skud.

Ek weeg 59 vis vir 37 kg en ek vaar weer goed algeheel.

Ek was geseënd om onlangs die nuus te ontvang dat ek wel in die Junior Protea Span opgeneem is, nadat ek die Nasionale Kampioenskappe algeheel gewen het.

Super Cast is voorwaar “the choice of champions”! Hengel Groete  Jeandré a.k.a Voete vd Westhuizen

[/et_pb_text][/et_pb_column][et_pb_column type=”1_4″ _builder_version=”3.9″ parallax=”off” parallax_method=”on”][et_pb_image src=”http://chillieswebsites.in/supercast/wp-content/uploads/2019/12/J1-1.jpg” _builder_version=”3.9″][/et_pb_image][et_pb_image src=”http://chillieswebsites.in/supercast/wp-content/uploads/2019/12/J8-1.jpg” _builder_version=”3.9″][/et_pb_image][et_pb_image src=”http://chillieswebsites.in/supercast/wp-content/uploads/2019/12/J7-1.jpg” _builder_version=”3.9″][/et_pb_image][et_pb_image src=”http://chillieswebsites.in/supercast/wp-content/uploads/2019/12/J11-1.jpg” _builder_version=”3.9″][/et_pb_image][/et_pb_column][/et_pb_row][et_pb_row _builder_version=”3.9″][et_pb_column type=”1_3″ _builder_version=”3.9″ parallax=”off” parallax_method=”on”][et_pb_image src=”http://chillieswebsites.in/supercast/wp-content/uploads/2020/01/J2-1.jpg” _builder_version=”3.9″][/et_pb_image][/et_pb_column][et_pb_column type=”1_3″ _builder_version=”3.9″ parallax=”off” parallax_method=”on”][et_pb_image src=”http://chillieswebsites.in/supercast/wp-content/uploads/2019/12/J3-1.jpg” _builder_version=”3.9″][/et_pb_image][/et_pb_column][et_pb_column type=”1_3″ _builder_version=”3.9″ parallax=”off” parallax_method=”on”][et_pb_image src=”http://chillieswebsites.in/supercast/wp-content/uploads/2019/12/J4-1.jpg” _builder_version=”3.9″][/et_pb_image][/et_pb_column][/et_pb_row][et_pb_row _builder_version=”3.9″][et_pb_column type=”1_3″ _builder_version=”3.9″ parallax=”off” parallax_method=”on”][et_pb_image src=”http://chillieswebsites.in/supercast/wp-content/uploads/2019/12/J5-1.jpg” _builder_version=”3.9″][/et_pb_image][/et_pb_column][et_pb_column type=”1_3″ _builder_version=”3.9″ parallax=”off” parallax_method=”on”][et_pb_image src=”http://chillieswebsites.in/supercast/wp-content/uploads/2019/12/J6-1.jpg” _builder_version=”3.9″][/et_pb_image][/et_pb_column][et_pb_column type=”1_3″ _builder_version=”3.9″ parallax=”off” parallax_method=”on”][et_pb_image src=”http://chillieswebsites.in/supercast/wp-content/uploads/2019/12/J10-1.jpg” _builder_version=”3.9″][/et_pb_image][/et_pb_column][/et_pb_row][/et_pb_section]

Shopping basket

0
image/svg+xml

No products in the cart.

Continue Shopping