018 294 5276
SUPER CAST
orders@supercast.co.za

Bloemhof Sloep 2019 – Juliet Welman

[et_pb_section fb_built=”1″ _builder_version=”3.22″][et_pb_row _builder_version=”3.25″][et_pb_column type=”4_4″ _builder_version=”3.25″ custom_padding=”|||” custom_padding__hover=”|||”][et_pb_text _builder_version=”3.27.4″]

Ek het deelgeneem aan Vrystaat se 2de proef te Bloemhofsloep. Na aanleiding en informasie ontvang vanaf die Senior C-spanne SA’s wat daar plaas gevind het, moes al die hengelaars regmaak om baie vissies te vang, waarvan blykbaar ook baie nie sou geweeg het nie! Dus het ek my voorbereiding vir die betrokke oewer ook so aangepas.

Die proewe is baie belangrik vir my om goeie resultate te behaal en om jou sodoende in staat te stel om weer verkies word in die Vrystaat Dames span. Uit gesprekke met onder andere Jaco van Wyk en Elzaan van Wyk kon ek aflei dat dat die vis redelik volop is en ook baie goed aan die byt is. Jaco het sy vorige klub kompetisie daar gewen met 155 vis en Elzaan die dames met 102 vis.

Van die staanspoor af is dit duidelik dat die vissies verseker nie so goed aan die byt is soos die afgelope naweek en die SA’s nie. Elzaan sit so twee penne van my af en ek kon haar goed dophou omrede sy die water baie goed ken en sy die huidige SA Dames Kampioene is. Sy self het na my toe gestap en erken dat die vissies defnitief swakker byt as die vorige naweek. Ons is goeie vriendinne en ook penmaats by die SA’s, dus ken ons ook mekaar se hengelstyl baie goed.

Ek begin my een Sensation Short Range stok op so 45m vir die jong vis en gooi my Razor so vêr moontlik om te kyk of ek nie vroeg oggend ‘n mooi baber aan die lyn kan kry nie. Te vergeefs, die babers is nie aan die wei so vroeg nie. Na ‘n halfuur trek ek die baber stok uit en gooi nog ‘n korter stok op 55m. Hier en daar kom ‘n klein vissie uit, maar niks kookwater nie. Ek sien van die dames hengel heelwat dieper en kry ‘n paar mooi karpe. Ek besluit om albei my stokke dieper te skuif na ongeveer 95m en onmiddelik is ek in die vis. Hulle hou aan byt tot ongeveer 10h00 se kant waarna dit heeltemal stil raak. Ek skuif my een stok na die 70m afstand en  middellik is ek weer aan met ‘n vis. Die vis byt so goed op hierdie afstand dat ek later albei my stokke op hierdie afstand hengel tot aan die einde van die dag.

Ek eindig met 53 vis wat my ‘n eerste in die sone gee en ook ‘n algehele 2de vir die dag. Wat ‘n lekker dag langs die hengelwater. Komplimente aan al die dames wat vir die dag aan die proewe deelgeneem het en die wonderlike sportmangees wat julle openbaar het. Dankie ook vir julle hulp by skaal en die weeg van al die jong vissies My plan vir die dag was as volg:

Gly-Rietvlei strop met M1,5 sinker, Sensation se BAT No: 1 hoeke met 10lb hoeklyne. Op my diep stokke het ek gehengel met Sensation se 12ft6 Razor’s. Op die korter stokke het ek gehengel met Sensation se 12ft Short Range Stokke. Voer wat ek gebruik het is Super Cast se Plain Kolletjie Voer. My hooflyn is die 8lb geel Sensation ro Series Carp lyn.


Stok 1:

1. Bo: Geel Harde Juana Floatie 
2. Onder: Geel Harde Juana Floatie
3. Op die Bol: Paint, Kiana en druppel Juana

Stok 2: 

1. Bo: Geel Caramel Floatie
2. Onder: Geel Harde Juana Floatie
3. Op die Bol: Paint, Kiana en druppel Juana.

Wat ‘n vooreg het ons nie om so ‘n lekker sport te kan beoefen in die natuur. Daarby is ons ook nog bevoorreg ook om deel te kan wees van die Super Cast en Sensation familie. Besonderse dankie aan Super Cast en Sensation vir hulle borgskap en ondersteuning. 

 

Hengel Groete

Juliet Welman

[/et_pb_text][/et_pb_column][/et_pb_row][/et_pb_section]

Shopping basket

0
image/svg+xml

No products in the cart.

Continue Shopping