018 294 5276
SUPER CAST
orders@supercast.co.za

Bloemhof Sloep Klub Komp 2019 – Elzaan van Wyk

Ek het deelgenaam aan ‘n klub kompetisie by Bloemhof Sloep. Met die loting trek ek pen 17 vir die dag. By my pen aangekom het ek dadelik my Super Cast kolletjie voer uitgehaal en aangemaak.

Ek het besluit om altwee stokke op 45m te begin. Ek het wel die dag met beide stokke op 40m geëindig. Ek was bevoorreg gewees om ‘n 1ste plek te kry by die dames met 102 vis vir 23.778kg en ek eindig ook 3de uit 34 hengelaars.

Ek het met my een stok begin met FX en SA poeier op die bol en op beide hoeke ‘n Garlic Oozer. Op my ander stok het ek met BMT en Perdeby op die bol gehengel en op beide die hoeke het ek weereens Garlic Oozers opgesit. Albei stokke het ek geëindig met FX op die bol en Garlic Oozers. Ek het met my 10ft stokke gehengel, Bat nommer 2 hoekies en ‘n Gly Rietvlei strop.

Ek wil net van die geleentheid gebruik maak om vir oom Schalk, Super Cast en Sensation te bedank vir puik produkte en toerusting wat hulle my mee borg en dankie dat ek deel kan wees van die Super Cast en Sensation familie.

Hengel groete
Elzaan van Wyk

Shopping basket

0
image/svg+xml

No products in the cart.

Continue Shopping