018 294 5276
SUPER CAST
orders@supercast.co.za

Bloemhof Sloep Liga 2019 – Elzaan van Wyk

[et_pb_section fb_built=”1″ _builder_version=”3.22″][et_pb_row _builder_version=”3.25″ column_structure=”3_4,1_4″][et_pb_column type=”3_4″ _builder_version=”3.25″ custom_padding=”|||” custom_padding__hover=”|||”][et_pb_text _builder_version=”3.27.4″]

Ek het besluit om Bloemhof sloep te gaan oefen voor ons 1ste liga. By die water aangekom maak ek dadelik my Super Cast kolletjie voer aan en begin my gerei opslaan. Met die goeie reëns het Bloemhof heelwat gestyg en ek was seker dit sou ‘n invloed hê op die byt tempo. Ek het vooraf besluit om met my een stok diep te hengel en die kort stok op 45m. Die vlak stok se polisieman was skaars op en ek vang ‘n mooi karp om my rekening oop te maak. Die 45m stok se tempo was van so aard dat ek met altwee stokke op 45m geëindig het en boonop was daar baie hiasinte dieper. Ek kry darem ‘n illike 29 vis gevang vir die dag.

Kombinasies vir die dag:

• Tjop-Tjop & Banjo 
• Perdeby & Legend
• Chakalaka & F.X. 
• Perdeby & Tjop-Tjop 

Hoekase:
• Garlic floatie en swd
• Wurmpie met Gumtree floatie

Met die liga trek ek pen 42 en dit is presies 3 penne van waar ek geoefen het. Ek besluit dadelik om my 10ft stok uit te haal, omdat die vissies Woensdag kort was. My ander stok, my Sensation 12ft DC Lite, gooi ek oop spoel. Ek maak eerste my vars Super Cast voer aan en met die lui van die sirene gooi ek vol selfvertroue my kort stok eerste. Soos wat hengel nou maar is, het die geraas van die motors die visse behoorlik op hol gejaag en was daar sodoende geen vis op die naby afstande nie. Ek sukkel om aan die gang te kom en vang eers half 12 my eerste vissie. Dit nogals ‘n klein babertjie wat net-net sou weeg. Ek kon deur die loop van die middag darem nog ‘n paar karpe bysit, gevang tussen 85m en 95m. Die aas wat die beste vir my gewerk het was ‘n soet wit degie bo en Gumtree pit onder en die hele bol het ek behoorlik bedek met Legend. Ek kon darem ‘n 2de in die sone kry en algeheel ‘n 3de.

Ek wil net van die geleentheid gebruik maak om vir Super Cast en Sensation te bedank vir puik produkte en toerusting wat hulle my mee borg en dankie dat ek deel kan wees van die Super Sensation familie.

Hengel groete
Elzaan van Wyk

[/et_pb_text][/et_pb_column][et_pb_column type=”1_4″ _builder_version=”3.25″ custom_padding=”|||” custom_padding__hover=”|||”][et_pb_image src=”http://chillieswebsites.in/supercast/wp-content/uploads/2020/01/2.jpg” align_tablet=”center” align_last_edited=”on|desktop” _builder_version=”3.23″][/et_pb_image][et_pb_image src=”http://chillieswebsites.in/supercast/wp-content/uploads/2020/01/3.jpg” align_tablet=”center” align_last_edited=”on|desktop” _builder_version=”3.23″][/et_pb_image][/et_pb_column][/et_pb_row][/et_pb_section]

Shopping basket

0
image/svg+xml

No products in the cart.

Continue Shopping