018 294 5276
SUPER CAST
orders@supercast.co.za

Vaalrivier 2019 – John-Henry Sinclair

[et_pb_section fb_built=”1″ _builder_version=”3.9″][et_pb_row _builder_version=”3.9″][et_pb_column type=”3_4″ _builder_version=”3.9″ parallax=”off” parallax_method=”on”][et_pb_text _builder_version=”3.9″]

Wintertyd is die beste tyd om jou PB te breek. Met dit in gedagte het ek met my goeie vriend – Andre Schutte – spesiehengel spesialis gereël om die monsterkarpe te gaan teiken in Potchefstroomdam. Sy grootste karp wat hy al geland het in Potchdam is ‘n indrukwekkende 18,20kg, so hopelik sou ek my 12kg PB kon breek. Hy het vooraf in die week gaan voer, met Super Cast se Monster Mix. Dit is nie altyd moontlik vir ons hengelaars om vooraf te voer nie, maar wanneer jy spesiehengel doen, dit is nou die haarstroppe met tigers en boilies onder andere, kan jou voerplan die verskil beteken sukses en mislukking. Soos Murphys Law dit nou het, bel Andre my die Vrydag middag, met ‘n hees stem. Dubbel
longontsteking! Daar is al my opwinding in die wiele gery. Om alleen langs ‘n dam te kamp is ongelukkig nie ‘n opsie nie, maar hengel moes ek hengel. Ek bel bietjie rond om te hoor watter van die Super Cast manne gaan ‘n lyntjie nat maak die naweek en tot my verligting sê Spyker Coetzee hy en ‘n paar vriende gaan Riverview Lodge toe op die Vaalrivier. Die Vaalrivier is een van my gunsteling hengelbestemmings en boonop die plek waar ek my PB gevang het.

Spyker het alreeds die Vrydagaand lekker voerplek gemaak met Super Cast se Monster Mix wat ingelê was in Perdeby, so die grondwerk was gedoen. Ek kom die Saterdag oggend daaraan en mis net hoe Spyker ‘n 9.8kg gevang het. Regdeur die naweek het hulle gehengel met ‘n groot geskilde tiger nut wat ingelê was in Double Trouble op die haarstrop, met ‘n geel kunsmatige mieliepit , om die aas van die bodem op te tel. Die lyne was ingeroei met ‘n bootjie om seker te maak die asie lê so naby as moontlik aan die voer. Deur die loop van die dag het daar 10 karpe uitgekom, waarvan die grootste die 9.8kg karp was wat ek gemis het.

Heelwat van die karpe het gedraai by die 8kg en dit wys jou maar net dat tigernuts gemaak is vir groot karpe. Die manne wat met floaties en degies gehengel se grootste karp het nie eens die 5kg merk gebreek nie, met baie muddies en kleinbek geles wat die aas opgetel het. Nou wat is dit omtrent tiger nuts wat groot karpe so onweerstaanbaar vind? Wanneer vergelyk word met ‘n helderkleurige boilie, is die aanvanklike gedagte dat dit heelwat minder aanloklik sal wees vir karp aas. Ek glo tigers werk so goed want hulle is soet, olierig, het die regte tekstuur en is visueel. Boonop vertoon ‘n tiger nut ook meer natuurlik, teenoor die helderkleur van ‘n boilie of ‘n pop-up, veral in helderwater. Nog ‘n voordeel van ‘n tiger nut is dat dit die kans op kleiner karpe, geelvisse en onderbekke uitskakel, weens die grote van die aas. Aan die anderkant van die muntstuk is babers ook baie lief vir tiger nuts, so dit moet in ag geneem word wanneer die snorre in die omtrek is, veral by oewers soos Bamboesspruit, Bloemhof.

Wat van ander neute vir karp aas? Alhoewel tigers my gunsteling is, is Brazilians ook ‘n goeie opsie en by die regte water kan peanuts ook verwoesting saai. Die mees algemene fout wat hengelaars maak wat met tiger nuts hengel is dat hulle te veel gebruik, of die tigers verkeerd voorberei. Nou hoe berei ek tigernuts effektief voor?

Stap 1 – Sit die hoeveelheid ongekookte tiger nuts in ‘n emmer of verseëlbare houer.

Stap 2 – Vul die houer op met koue water, tot dat die tigers heeltemal bedek is met water.

Stap 3 – Seël die houer en plaas in ‘n koel spasie, uit direkte sonlig, vir ‘n minimum periode van 24 ure. Ek verkies 36 ure.

Stap 4 – Sodra die tigers behoorlik geweek het, plaas dit in ‘n pot, saam met die vloeistof.

Stap 5 – Bring die tigers tot by kookpunt en laat dit toe om vir 30 – 45 minute te simmer.

Stap 6 – Sodra die tigers behoorlik gekook het, laat toe om af te koel en plaas dit weer in ‘n houer.

Stap 7 – Gooi versoeter by soos Black Cat of White Chocolate van Super Cast.

Stap 8 – ‘n Halwe koppie bruin suiker kan ook bygegooi word, om die gis proses af te skop.

Stap 9 – Laat die tigers toe om die natuurlike sappe te absorbeer.

Stap 10 – Kies die beste tigers uit vir hoekase, verskillende grotes vir variasie en verkieslik eenvormig in vorm.

Stap 11 – Die hoekaas tigers kan in konsentraat soos Spiderman, Perdeby of Red Quatro ingelê word.

Stap 12 – Laat die tigers toê vir ‘n paar dae om verder te gis. Die karpe sal behoorlik smul aan die soet aas. Moenie die vloeistof weggooi nie, aangesien die karpe gek is oor die suiker spul.

Ek hoop julle kan met dié raad ook julle PB’s breek.

[/et_pb_text][/et_pb_column][et_pb_column type=”1_4″ _builder_version=”3.9″ parallax=”off” parallax_method=”on”][et_pb_image src=”http://chillieswebsites.in/supercast/wp-content/uploads/2020/01/IMG_4743-scaled.jpg” _builder_version=”3.9″][/et_pb_image][et_pb_image src=”http://chillieswebsites.in/supercast/wp-content/uploads/2020/01/IMG_4746-scaled.jpg” _builder_version=”3.9″][/et_pb_image][et_pb_image src=”http://chillieswebsites.in/supercast/wp-content/uploads/2020/01/IMG_4760-scaled.jpg” _builder_version=”3.9″][/et_pb_image][et_pb_image src=”http://chillieswebsites.in/supercast/wp-content/uploads/2020/01/IMG_8438-scaled.jpg” _builder_version=”3.9″][/et_pb_image][/et_pb_column][/et_pb_row][et_pb_row _builder_version=”3.9″][et_pb_column type=”1_2″ _builder_version=”3.9″ parallax=”off” parallax_method=”on”][et_pb_image src=”http://chillieswebsites.in/supercast/wp-content/uploads/2020/01/IMG_4729-scaled.jpg” _builder_version=”3.9″][/et_pb_image][/et_pb_column][et_pb_column type=”1_2″ _builder_version=”3.9″ parallax=”off” parallax_method=”on”][et_pb_image src=”http://chillieswebsites.in/supercast/wp-content/uploads/2020/01/IMG_4750-scaled.jpg” _builder_version=”3.9″][/et_pb_image][/et_pb_column][/et_pb_row][/et_pb_section]

Shopping basket

0
image/svg+xml

No products in the cart.

Continue Shopping