018 294 5276
SUPER CAST
orders@supercast.co.za

Stompdriftdam 2019 – Gert van der Merwe

[et_pb_section fb_built=”1″ _builder_version=”3.9″][et_pb_row _builder_version=”3.9″][et_pb_column type=”3_4″ _builder_version=”3.9″ parallax=”off” parallax_method=”on”][et_pb_text _builder_version=”3.9″]

Môre hengelvriende

Ek het onlangs deelgeneem aan ‘n Pro Mania by Stompdriftdam in die Suid-Kaap. Met die aanloop tot die naweek hou ek die weer fyn dop. Soos dit nou maar is met ou “Murphys Law”, slaan ‘n koue front die Kaap. Met sulke koue het Stompdrift die geneigdheid om ‘n man nederig te maak. By die dam aangekom was die windjie lekker koell. Maar ek hou moed, want hengel is in my bloed, Super Cast is in my kas en Sensation is top klas.

Teen 08:00 gaan die sirene, my DC Pinpoint Limited Editions word gegooi en nou is die sleutel woord GEDULD. As jy gelukkig was om ‘n byt te kry, het jy lag-lag oor ‘n uur gewag vir ‘n byt.

Die vis was traag, maar vir my het die dag goed verloop. Ek kon daarin slaag om die dag te wen met 4 vis teen 8.89kg. Weereens wys dit as jy vertroue het in wat jy doen, in wat jy gebruik, enige moeilike hengel dag oorkom kan word.

My sukses vir die dag kan toegeskryf word aan die volgende ase:

• SvB voer
• Kiana & Devils Fork
• Garlic Oozers

Dankie Sensation ook vir top kwaliteit gerei, wat hengel werklik ‘n plesier maak.
Dankie ook aan oom Schalk vir die beste borg in die land!

Hengel Groete

Gert van der Merwe

[/et_pb_text][/et_pb_column][et_pb_column type=”1_4″ _builder_version=”3.9″ parallax=”off” parallax_method=”on”][et_pb_image src=”http://chillieswebsites.in/supercast/wp-content/uploads/2020/01/Gert-3.jpg” _builder_version=”3.9″][/et_pb_image][et_pb_image src=”http://chillieswebsites.in/supercast/wp-content/uploads/2020/01/Gert-1.jpg” _builder_version=”3.9″][/et_pb_image][/et_pb_column][/et_pb_row][/et_pb_section]

Shopping basket

0
image/svg+xml

No products in the cart.

Continue Shopping