018 294 5276
SUPER CAST
orders@supercast.co.za

Wilgedraai, Vaaldam 2019 – Leon de Kock

[et_pb_section fb_built=”1″ _builder_version=”3.22″][et_pb_row _builder_version=”3.25″ column_structure=”3_4,1_4″][et_pb_column type=”3_4″ _builder_version=”3.25″ custom_padding=”|||” custom_padding__hover=”|||”][et_pb_text _builder_version=”3.27.4″]

Ek het ‘n ruk gelede Fishing Monkey's se Pro Mania by Wilgedraai Vaaldam gaan hengel. Dit was my 3de keer by die oewer en dis elke keer ‘n lekker oewer om te hengel. Vroeg oggend word ons gegroet met die koue wat laat weet die winter is om die draai. Ons is 18 hengelaars wat beteken ons is 2 sones, met twee kantpenne. Ek trek pen 16 vir die dag. Lekker naby die kantpen, sodoende kan ek myself lekker meet of my tempo byhou.

Aangekom by my pen maak ek eerste my voer aan en die kraakvars reuk van fyngemaalde mielies trek deur die koue lug. Tot my verbasing is die water nie so koud nie. Soos wat ek my kas en stand opslaan, hou ek die water dop en daar is baie aksie tussen 30m en 50m. Dié is my hengelplan, met springs en besonderse sagte voer. Die vissies is vreeslik aktief tussen deur die hengelaars wat afpak en raas en dit laat my hoop dat hulle daar gaan bly.

Die sirene lui en dit is net voerballe wat die water tref. Nou kom die groot wag. Ek kry vinnig ‘n byt op my 35m Short Range stok en ongelukkig gaan sit hy vas. Ek gooi hom weer, 10 minute later kry ek weer ‘n byt en tot my spyt sit hy ook vas. Ek skuif my stok die keer 5m nader om die hakplek te vermei. Dit was vir ‘n geruime tyd doodstil en ek vang my eerste vis eers 08:30. Die ander manne se sakke was al ‘n geruime tyd in die water, maar ek werk doelgerig my twee afstande en begin inhaal. Dis jong vis wat uitkom en ek besluit aangesien my 30m afstand gereeld byte gee, om my Sensation Razor op 125m te gooi met die hoop om gewig in my sak te kry.

Die dieper stok lê 47 minute en die polisieman trek weg. Ek vang ‘n gesonde karp van by die 3kg. Ek gooi hom weer in sy merk met die hoop vir nog so vettie. Die keer lê hy bietjie langer, maar ek is gelukkig en vang nog ‘n groter karp. Die 30m Short Range hou aan vis gee, alhoewel ek heelwat vis tussendeur verloor. Die Razor gegooi op 125m stok het nog twee byte gegee voor die sirene, maar ongelukkig het hulle twee afgekom. So kom die dag tot ‘n einde en dit is tyd dat die skaal praat. Daar is ‘n paar mooi sakke vis in beide sones. Dit is my beurt om te weeg en ek weeg 20 vis teen amper 13kg. Dit gee my ‘n 1ste in my sone en ek kom naelskraaps tweede die dag, met die ander sone se wenner wat my wen met gramme.

My plan vir die dag was as volg:

Voer:

• Super Cast kolletjie voer

Dips:

• Quatro en Duiwelsdrek
• Banjo en Gumtree
• Stinkvoete en Kiana

Hoekase:

• Harde Juana float
• Sagte Legend float
• Amandel en Garlic deeg
• Plain deeg.

Dankie aan Schalk en Sensation vir julle harde werk agter die skerms. Julle harde werk aan die produkte, toerusting en die uitstekende voer maak hengel maklik.

Hengel Groete

Leon de Kock

[/et_pb_text][/et_pb_column][et_pb_column type=”1_4″ _builder_version=”3.25″ custom_padding=”|||” custom_padding__hover=”|||”][et_pb_image src=”http://chillieswebsites.in/supercast/wp-content/uploads/2020/01/Foto-1-3-1.jpg” align_tablet=”center” align_last_edited=”on|desktop” _builder_version=”3.23″][/et_pb_image][/et_pb_column][/et_pb_row][/et_pb_section]

Shopping basket

0
image/svg+xml

No products in the cart.

Continue Shopping