018 294 5276
SUPER CAST
orders@supercast.co.za

Stompdrift 2019 – Wessel Mienie

[et_pb_section fb_built=”1″ _builder_version=”3.22″][et_pb_row _builder_version=”3.25″][et_pb_column type=”4_4″ _builder_version=”3.25″ custom_padding=”|||” custom_padding__hover=”|||”][et_pb_text _builder_version=”3.27.4″]

Ek het ‘n liga gehengel by Stompdriftdam. Die genade reën het veroorsak dat die dam vlak van 4% tot 11% gestyg het. My beplanning was om een stok naby op 20m te hengel en een stok verder – op 65m. Altwee met my Sensation Finesse stokke. Tydens die loting sien ek dat die vis op so 15m draai. Ek hou by my plan en kry my eerste vis op die vlak stok. Hier is my tempo later so tussen 5 en 10 minute. My 65m stok lê doodstil. Ek skuif die stok na 85m met geen sukses.

Gedagtig daaraan dat die groter vis gewoonlik dieper uitkom en dat die dam geneig is om in die middag eerder vis diep op te lewer, skuif ek die stok na 115m met my DC Lite Limited Edition. Die skuif blyk die regte een te wees, aangesien ek teen 13:00 begin vis hier kry, terwyl die vlak stok stil raak. My beste kombinasies was Looti en Vicks met 'n druppel Perdeby. Op die tweede stok was Stuttoford O, Banjo en Perdeby. Hoekase was SWD onder saam met n kariba wurm en Garlic float bo. Tweede aas was ‘n Banjo float en onion degie. SVB voer het alles afgerond.

Met 18 vis vir 34,12kg behaal ek 'n tweede plek vir die dag.

Super Cast produkte en Sensation toerusting gee konstant goeie resultate.

Hengel Groete

Wessel Mienie

[/et_pb_text][/et_pb_column][/et_pb_row][/et_pb_section]

Shopping basket

0
image/svg+xml

No products in the cart.

Continue Shopping