018 294 5276
SUPER CAST
orders@supercast.co.za

Steyns, Vaaldam 2019 – Leon de Kock

[et_pb_section fb_built=”1″ _builder_version=”3.9″][et_pb_row _builder_version=”3.9″][et_pb_column type=”3_4″ _builder_version=”3.9″ parallax=”off” parallax_method=”on”][et_pb_text _builder_version=”3.9″]

Ek het ‘n Pro Mania gehengel by Steyns, Vaaldam. Ek het jare laas daar gehengel en ek het nie regtig ‘n idee gehad hoe om te begin nie.

Ek trek pen 11 die oggend en ry na my pen wat net langs Johann Beukes is wat op die kant pen sit. Ek hou maar die water dop en kyk waar die vis draai om n idee te kry van die afstande. Ek besluit om met my nuwe 10ft Sensation Carp Tempo V1 op 85 m te hengel en my Razor 12,6ft vir die baber stok.

Ek gooi die baber stok op ‘n afstand van 130m en kry somer vinnig ‘n byt. Die 85m stok byt na 20min en vang ‘n karpie. Die baber stok gee elke 5 – 8 min ‘n vis. Die wind begin harder waai deur die oggend en my 85 m begin vas sit. Ek skuif hom na 55m en begin weer ‘n kol bou. Die baber stok raak teen 10uur stil en ek besluit om die ander stok op 65m te hengel. Die 2 afstande gee tot op die einde van die dag vir my vis en ek slaag daarin om 40 vis vir 23 kg te weeg. Dit gee my ‘n 2 de plek vir die dag

Voer:

1. SVB en Kolletjie voer gemeng

Dips:

1. Paint en Kiana
2. Perdeby, Paint & Kiana
3. Perdeby & Stuttaford O
4. Sniper & Stinkvoete

Aas: Harde geel float op die boonste hoek en Legend float en amandel deeg op die onderste
hoek. Vir die babers het ek met slangwurms en kariba wurms gehengel.

Dankie aan Super Cast en Sensation vir nog 'n borg geleentheid vir die jaar en top gehalte produkte.

Hengel Groete

Leon de Kock

[/et_pb_text][/et_pb_column][et_pb_column type=”1_4″ _builder_version=”3.9″ parallax=”off” parallax_method=”on”][et_pb_image src=”http://chillieswebsites.in/supercast/wp-content/uploads/2020/01/Foto-1-21.jpg” _builder_version=”3.9″][/et_pb_image][/et_pb_column][/et_pb_row][/et_pb_section]

Shopping basket

0
image/svg+xml

No products in the cart.

Continue Shopping