Ek het aan oom Sarel Strydom se Pro Mania deelgeneem by Paarldam. Daardie dam het my al behoorlik laat les op sê, so ek was maar effens skepties oppad soontoe. Deur die loop van die week word oproepe gemaak na kennisse en almal vertel die bielies is nou aan die byt en dat die karpe by Paarldam harder boks as ‘n Vaalrivier karp. Ek trek die oggend B12 en is heel opgewonde oor my pen. Ek pak af, maak my vars Super Cast voer aan terwyl ek na die water kyk. Ek sien die visse wei tussen 80m – 100m en só merk ek my lyne op 80m en 95m. Ek hengel regdeur die dag ‘n goeie tempo en vang ‘n sak van 60 vis teen 62,20kg. Ek was geseënd om met dié sak algeheel eerste te kom. Ek hengel met my Sensation Short Range stokke en Okuma Aventa katrolle.
My dips vir die dag:
• Perdeby
• Sniper
• BMT
• Tjop-Tjop
Hoek ase
• Juana Floats
• Garlic Oozers
• Banlic Oozers
‘n Groot dank aan oom Schalk vir top kwaliteit produkte wat week in en week uit die verlangde resultate oplewer.
Hengel Groete
Gert van der Merwe
[/et_pb_text][/et_pb_column][/et_pb_row][/et_pb_section]