018 294 5276
SUPER CAST
orders@supercast.co.za

Olifantsnek Kamp 1 2019 – Henco vd Westhuizen

[et_pb_section fb_built=”1″ _builder_version=”3.9″][et_pb_row _builder_version=”3.9″][et_pb_column type=”3_4″ _builder_version=”3.9″ parallax=”off” parallax_method=”on”][et_pb_text _builder_version=”3.9″]

Ek het deelgeneem aan Noord-Wes se Pro Mania te Olifantsnekdam, Kamp 1.

Uit vorige ondervinding van die kamp het ek geweet ek sal my beplaning en huiswerk noukeurig moet doen. Ek hoor die oggend met die loting die muddies byt lekker fluks en besluit om my 8ft stokkie op 2 afstande in te hak. Ek weet ook dat hierdie deel van die Nek mooi groot karpe het en ek besluit om ook ‘n dieper afstand te hengel.

8ft stok met Okuma Ceymar 640 katrol

Afstand: 35m
Strop: Kort Vaaldam stroppie. 0.5 Super Hooks
Hoekaas:
Bo: Swd
Onder: Plain Geel harde float
Dips op bol: Stinkvoete

12,6 DC Pro met Okuma Ceymar 655

Afstand: 115m
Strop: Gly Rietvly Super Link met 'n M0 gewiggie en 0.8 BAT hoekies.
Hoekaas:
Bo: Amandel pit
Onder: Garlic Oozer met ‘n degie
Dips op bol: Devils Fork en FX

Na 25min spring my kort stok se polisieman op en ek vang ‘n muddy. Ek kry nog nie eens ‘n roer op my lang stok nie, maar ek bly geduldig, want ek weet daar moet een of 2 vet karpe binne skuil. Teen 9 uur met net die een muddy besluit ek om my 35 m na 25 m te skuif. Ek sit nou bo net 'n plain wit floatie. Ek besluit toe om een van Super Cast nuwe babas op te sit – Spider Man! 3 min later vang ek my 2de muddy en toe ‘n 3de en 4de. "My friendly neighbourhood Spider Man to the rescue”. Toe ek die 5 muddie aanslaan sien ek hoe my lang stok se poliesieman stadig die water uitlig en 5 min later en ek vang n karp van by die 4 kg. Ek het 'n uur en 10 min gewag vir dié bielie. Ek laai beide stokke weer en gooi hul tot in hulle hakke. Tot en met 12:00 het ek weer stil gesit, toe ek ‘n klein ghielemientjie vang. Ek het hom sommer in my water emmer gegooi om later as baberaas aan te wend. 13:00 vang ek nog ‘n karp van by so 1.5kg. Twee uur besluit ek om die ghielemientjie se kop te gooi. Kwart oor twee slaan ek ’n jong baber vas en 5 min later is hy in die net. Ek eindig toe met 6 weeg vis vir 7.5 kg.

Ek wil net vir oom Schalk se baie dankie vir die ongelooflike borg wat hy vir ons bied as ook aan Sensation vir top kwaliteit hengelgerei. Laastens, maar nie die minste, ons Hemelse Vader vir die besonderse talent wat Hy vir ons gee en die voorreg om in Sy natuurskoon te kan visvang.

Hengel groete

Henco van der Westhuizen

[/et_pb_text][/et_pb_column][et_pb_column type=”1_4″ _builder_version=”3.9″ parallax=”off” parallax_method=”on”][et_pb_image src=”http://chillieswebsites.in/supercast/wp-content/uploads/2019/12/Foto-2-11.jpg” _builder_version=”3.9″][/et_pb_image][/et_pb_column][/et_pb_row][/et_pb_section]

Shopping basket

0
image/svg+xml

No products in the cart.

Continue Shopping