018 294 5276
SUPER CAST
orders@supercast.co.za

Olifantsnek 2019 – Henco vd Westhuizen

[et_pb_section fb_built=”1″ _builder_version=”3.22″][et_pb_row _builder_version=”3.25″][et_pb_column type=”4_4″ _builder_version=”3.25″ custom_padding=”|||” custom_padding__hover=”|||”][et_pb_text _builder_version=”3.27.4″]

Die befame, of altans bevreesde… OLIFANTSNEKDAM!

Ek en voete het besluit om aan ‘n Pro Mania deel te neem. Die spanning loop hoog alreeds 2 uur die oggend soos ek rondrol. Vol selfvertroue en lus vir die gevreesde Nek. (On)gelukkig ry ons eers half 5 dam toe omdat Rustenburg net ‘n klipgooi vêr is vanaf Brits.

Ek gee vir Voete die geleentheid om vir ons penne trek. Hy ag homself as ‘n kulkunstenaar wanneer dit by pen trek kom en verbeel hom hy het ‘n goue hand. So trek hy vir ons pen 6 en 7. Seker ‘n “off day on the job”. Ek kry 6 en hy kry 7. So hoor ons dit is in die vlakker deel van die Nek en so begin my hart al hoe vinniger klop. Kom by my pen en ek besluit om een stok op 55m te hengel vir die muddies en om ‘n baberstok met rysmiere te gooi.

55m:

• Stinkvoete saam Looti
• Swd bo
• Plain Geel float onder
• Strop: Gly Rietvlei met 0.5 Super Hooks

130m:

• Bo: rysmiere
• Onder: rysmiere
• Strop: Lang baber met nr 5 BAT hoeke

My gerei bestaan uit Sensation se Okuma Ceymar 655 en 640 katrolle gewapen met die DC Elite 12’6” en Carp Tempo 10ft.

Na 20 min vang ek n tipiese klein Olifantsnek baber en kort daarna ‘n klein muddie. Teen 9 uur skuif die ghieliemientjies in op my kol en ek skuif die stok na 115m. Ek verruil die baber stok vir nog ‘n karp stok wat ek gemerk het op 125m.

115m:

• Bo: Garlic/Almond degie
• Onder: Garlic Oozer en Swd
• Dips: Devils Fork, Perdeby & FX
• Strop: Gly Rietvlei met ‘n Super Link met ‘n • M0 gewiggie en 0.8 BAT hoekies

Elke 4de gooi het ek die bol in Custard poeier geskud

125m:

• Bo: Swd
• Onder: Plain geel float en swd
• Dips: Almond Supreme, Paint & Kiana
• Strop: Gly Rietvlei met ‘n Super Link met ‘n M1 gewig en BAT se 0.8 hoekies

Ek vang 15 vis vir 10kg en eindig 2de in my sone na my yster boetie. Geluk aan my klein boet wat ons sone gewen het met 15 vis vir 11kg. Voete het my weer les laat op sê. Wat ook ‘n rol gespeel het in ons sukses was die voer wat ons gebruik het. In my mening is die nuwe voer van Super Cast iets uit ‘n ander wêreld! Dit is voorwaar iets besonders. Dankie aan oom SVB en oom Johann vir die moeite met die masjienerie en die kraakvars voer wat ons week-in-en-week-uit kry.

Hengel Groete

Henco vd Westhuizen

[/et_pb_text][/et_pb_column][/et_pb_row][/et_pb_section]

Shopping basket

0
image/svg+xml

No products in the cart.

Continue Shopping