018 294 5276
SUPER CAST
orders@supercast.co.za

Moolmans, Vaaldam 2019 – Jaco Kruger

[et_pb_section fb_built=”1″ _builder_version=”3.9″][et_pb_row _builder_version=”3.9″][et_pb_column type=”3_4″ _builder_version=”3.9″ parallax=”off” parallax_method=”on”][et_pb_text _builder_version=”3.9″]

Ek het deelgeneem aan Randse Sport se Pro Mania wat by Moolmans, Vaaldam aangebied was. Weens ‘n besering kon ek vir ongeveer 3 maande glad nie gehengel het nie, so ek was behoorlik uitgehonder vir ‘n dag langs die dam. Net om by die dam uit te kom was seker die uitdagendste gedeelte van my dag gewees, waar ‘n dik mis kombers die rit na die dam bemoeilik het. Ek het darem veilig aangekom by die dam en ons wag toe ‘n paar minute vir die manne wat effens laat is weens die mis. Ons begin die dag op die gepaste wyse en daarna volg die loting. Tydens die loting sien ek paar groot name en ek besef dit gaan ‘n harde stryd wees om in die pryse te kom. Ek trek pen 20 en dit beteken ek sit links van die lyndraad.

My “game plan” was gewees om met my Sensation Short Range op 65m te hengel en met my Razor op 105m te begin met my Okuma Ceymar katrolle en dan as dit stil raak in die middag, 10m verder te skuif. Op beide stokke sit ek bo ‘n Legend float met ‘n soet wit degie en onder ‘n kariba wurm en op die bol ‘n druppeltjie Paint & Kiana. Die oggend het nie behoorlik vlam gevat nie en ek het rondgekrap om aan die gang te kom. Na die eerste uur het my 65m net een vis opgelewer en ek besluit om hom na 75m te skuif. Net om dinge interessant te hou, sit ek ‘n strepie Sniper by. Dadelik kom die ligte aan en ek vang op die kombinasie binne 1 uur 9 mooi karpe.

Teen half 11 is albei my stokke dormant en ek besluit om my 75m stok na 115m te skuif. Ek haal toe die Paint & Kiana af en vervang dit met Perdeby, saam die Sniper. Op die 105m stok het ek die bol behoorlik “geflood” met konsentraat en dit het die verlangde resultaat tot gevolg gehad. Dadelik is ek met albei stokke weer in die vis. Hoe vinniger die vis gebyt het, hoe meer konsentraat het ek op die bol gesit.

Met die regte gerei, aas en konsentraat in my arsenaal kon ek daarin slaag om 29 vis teen 20kg te kry wat my ’n tweede posisie in my sone besorg het en algeheel ‘n vyfde vir die dag. Baie dankie aan Sensation en Super Cast vir die beste gerei, ase en konsentrate op die mark. Sonder julle sal dié resultate nie moontlik gewees het nie.

Hengel Groete

Jaco Kruger

[/et_pb_text][/et_pb_column][et_pb_column type=”1_4″ _builder_version=”3.9″ parallax=”off” parallax_method=”on”][et_pb_image src=”http://chillieswebsites.in/supercast/wp-content/uploads/2020/01/Foto-3-7.jpg” _builder_version=”3.9″][/et_pb_image][et_pb_image src=”http://chillieswebsites.in/supercast/wp-content/uploads/2020/01/Foto-4-3.jpg” _builder_version=”3.9″][/et_pb_image][/et_pb_column][/et_pb_row][/et_pb_section]

Shopping basket

0
image/svg+xml

No products in the cart.

Continue Shopping