018 294 5276
SUPER CAST
orders@supercast.co.za

Miemiesdal, Vaaldam 2019 – Henco vd Westhuizen

[et_pb_section fb_built=”1″ _builder_version=”3.9″][et_pb_row _builder_version=”3.9″][et_pb_column type=”3_4″ _builder_version=”3.9″ parallax=”off” parallax_method=”on”][et_pb_text _builder_version=”3.9″]

Ek het aan ‘n Pro Mania die Sondag wat aangebied was by Miemiesdal – die Fishing Monkeys Pro Mania – deelgeneem. Met die inligting wat ek kon versamel, het dit my voorgekom of ons maksimum afstande sou moes hengel. By die wild vreemde oewer aangekom kry ek mede Super Cast spanlid Spyker Coetzee en sy pa – oom Snorre – ook daar. Ons ruil bietjie inligting uit en deel raad om Super Cast se naam hoog te hou. Ons is mos ‘n familie!

My oom trek toe vir ons penne en trek so op die hond se stert amper vir ons die kantpen. Hy sit op pen 22 en ek op pen 23. By my pen aangekom is die eerste ding wat ek doen is om my geliefde SvB voer aan te maak. Die voer se reuk is iets om van te droom. Ek bestudeer die water noukeurig en besluit om een stok op 65m te hengel en die dieper stok op 115m. Soos oudergewoonte is die gerei van my keuse Sensation. Vir die 115m gebruik ek my DC Pro 12’6” stok en 640 Ceymar katrol en op die 65m my Carp Tempo stok met Ceymar 640 baitrunner.

65m

Kombinasie: Duiwelsdrek en Biddulphs

Boonste Hoek: Plain geel harde float

Onderste Hoek: Swd

Gly Rietvlei strop met 0.5 Super Hooks

115m

Kombinasie: Rooi GP en Devils Fork

Boonste Hoek: Garlic oozer met ‘n soet wit degie

Onderste Hoek: Swd met ‘n custard backing

Gly Rietvlei strop gewapen met BAT 0.8 hoekies

Na 20 minute kry ek so lui byt op 65m en ek vang n jong spieël karpie. Terwyl ek die jong karpie skep sien ek die lang stok se poliesieman staan stok styf. Ek gooi weer die 65m en kry net nog 3 vis op die stok tot en met 9 uur – dit terwyl die 115m vir my meer konstant vis gee. Ek ruil toe die 65m vir ‘n 125m lyn met Herman Dicks se ou betroubare Vaaldam kombinasie. Stuttaford Original en Ox Blood op die bol, met ‘n Garlic/Amandel degie bo en onder ‘n soet wit degie.

 Binne ‘n kwessie van 5 minute land ek ‘n vis op die dieper stok en die 115m stok gee ook op reëlmaat vis. Die oom op die buite pen gee heeldag die pas aan in my sone en wen ook uiteindelik die sone. Sodoende eindig ek 2de in my sone en kom die dag algeheel 5de met 24 vis teen 14kg. Spyker het iets reg gedoen en het sy sone gewen en sodoende algeheel derde 

gekom vir die dag.

Ek wil net van die geleentheid gebruik maak om te sê dankie aan oom Schalk en oom Johann vir die puik produkte wat ons week in en week uit ontvang. Julle is tops! Ek dank dan ook ons Hemelse Vader vir die geleentheid om in Sy prag natuurskoon te kan hengel

Hengel Groete 

Henco van der Westhuizen

[/et_pb_text][/et_pb_column][et_pb_column type=”1_4″ _builder_version=”3.9″ parallax=”off” parallax_method=”on”][et_pb_image src=”http://chillieswebsites.in/supercast/wp-content/uploads/2019/12/Henco-3.jpg” _builder_version=”3.9″][/et_pb_image][et_pb_image src=”http://chillieswebsites.in/supercast/wp-content/uploads/2019/12/Henco-4.jpg” _builder_version=”3.9″][/et_pb_image][/et_pb_column][/et_pb_row][/et_pb_section]

Shopping basket

0
image/svg+xml

No products in the cart.

Continue Shopping