018 294 5276
SUPER CAST
orders@supercast.co.za

Leeuplaas, Vaaldam 2018 – Henco vd Westhuizen

[et_pb_section fb_built=”1″ _builder_version=”3.22″][et_pb_row _builder_version=”3.25″][et_pb_column type=”4_4″ _builder_version=”3.25″ custom_padding=”|||” custom_padding__hover=”|||”][et_pb_text _builder_version=”3.27.4″]

Ek het ‘n ruk gelede deelgeneem aan die Super Cast Pro Mania Spanne Classic op die Sondag. Die vorige dag – die Saterdag – het ek tussen die Super Cast manne rond geloop om sodoende ’n “game plan” te formuleer. Ek het opgemerk dat meeste van Team Super Cast se manne diep gehengel het – met goeie resultate.

Ons span het vooraf besluit dat ek en oom Robert op Leeuplaas gaan hengel en die ander twee manne by Moolmans. Ons gesin het lekker geoornag by Big Sky, batterye is gelaai en nou is dit tyd vir die loting. Ons span het besluit oom Robert is die man wat die span se penne gaan trek. Oom Robert het heel waarskynlik in sy leeftyd meer penne getrek as wat ek hare op my kop het. Wie weet, dalk werk sy “lucky charm”? Oom Robert trek vir my pen 151. Toe ek by my pen aankom besluit ek om my een Sensation 12’6" DC Pro op te slaan en die katrol van my keuse? Natuurlik een van Sensation se “flag ship” katrolle – die Sensation Ceymar 655. Een van die manne wat se hart groter is as sy lyf is Spyker Coetzee en hy het aangedring dat ek sy Sensation Razor 12’6" inspan vir die dag. Met die Razor het ek met ’n oop spoel hengel met ’n M1 gewiggie.

My kombinasie op die 115m stok:

1. Devils Fork & FX

2. Boonste Hoek: Almond/Garlic degie

3. Onderste Hoek: Legend float en SWD

My M1 oop spoel:

1. Paint & Kiana

2. Boonste Hoek: SWD

3. Onderste Hoek SWD

Met die wind wat die middag net sterker en sterker van voor gewaai het, het ek besluit om die M1 te verruil vir ’n M3. Dalk het die vis dieper skuiling gevind.

My M3 oop spoel:

1. Devils Fork, Perdeby & Sniper

2. Boonste Hoek: SWD

3. Onderste Hoek: Garlic oozer en SWD

In die oggend het ek vinnig twee karpies in die hounet gesit. Met die M1 en selfs met die M3 het ek nie die verlangde resultaat gekry nie. Ek weet Vaaldam is “weight sensitive” en sodoende ruil ek die M3 met 'n M1.5 om te kyk of die ligter gewig nie vir my meer byte gee nie. Dit wou my voorkom of die ouens wat die oggend die vissies vinniger bymekaar kon gemaak het, ook die wen sakke op die ou end sou hê. Regdeur die dag het die wind sterker en sterker gewaai, wat die omstandighede ongunstig gemaak het en ook die vis minder aktief gemaak het. 

Ek eindig die dag met 5 vis vir 4.3kg wat vir my 'n 6de plek in my sone besorg. My prestasie was nie waarvoor ek gemik het nie, maar gelukkig het oom Robert, oom Phillip en oom Thys ons span gedra en kon ons ‘n 3de vir die dag te kry. Dit boonop teen 32 ander spanne wat opgemaak is uit die beste van die beste.

Baie dankie oom Schalk en Sensation vir die beste borg in die land, sowel as vir die kwaliteit produkte wat Super Cast en Sensation bied. Ek was voorwaar beïndruk met hoe die Razors die swaarder gewigte kon hanteer. Dankie aan my ouers wat ons veilig heen en weer gery het. Laastens, maar nie minstens, ’n groot dank aan ons Hemelse Vader wat vir my die talent en ywer gegee het vir die ongelooflike sport.

Groete

[/et_pb_text][/et_pb_column][/et_pb_row][/et_pb_section]

Shopping basket

0
image/svg+xml

No products in the cart.

Continue Shopping