018 294 5276
SUPER CAST
orders@supercast.co.za

Haroldsdam 2019 – Gert van der Merwe

[et_pb_section fb_built=”1″ _builder_version=”3.9″][et_pb_row _builder_version=”3.9″][et_pb_column type=”3_4″ _builder_version=”3.9″ parallax=”off” parallax_method=”on”][et_pb_text _builder_version=”3.9″]

Ek het deelgeneem aan ‘n Pro Mania by Herolddam in die Oos-Kaap. Ek het ‘n ruk gelede gehengel, so ek was behoorlik  uitgehonger gewees vir ‘n lyntjie nat maak. Met my top gehalte Sensation gerei en vars Super Cast produkte was ek reg gewees om te kompeteer vir goud. Die heel week was dit koel, met koue fronte wat deurgekom het van die Kaap. Nie te min was ek vuur en vlam gereed vir nog ‘n naweek langs die dam. Ek het pen 4 vir die dag getrek en het geweet ek gaan my alles moet gee om penne 1 & 2 te klop, omdat kookwater hengelaars daardie penne getrek het.

Dié manne op pen 1 & 2 het vroeg-vroeg die pas aangegee en vir elke 2 visse wat ek gevang, het, het hulle drie gevang. Ek verloor ‘n paar visse op ‘n streep, haal diep asem, skep moed en druk af en dryf. Die res van die dag kry ek byte op reëlmaat, maar dit is eers vanaf twee uur wat my kol behoorlik aan die gang kom. Daar is ‘n uur oor en nou gaan ek moet staal wys as ek die goud wil vat. Dit was ‘n tegniese dag, waar jy die visse gedurigdeur moes “verras” om hulle belangstelling op jou kol te hou, soos om ‘n hoekie te skud in fluoro, dippies te verander en floaties.

Drie uur blaas die sirene en dit is nou tyd dat die skaal die praat werk doen. Pen 1 weeg 30 vis. Pen 2 weeg 39 vis teen 24kg. My pen word geroep en ek weeg 40 vis teen net onder die 23kg. Ek mis die goue medalje met 23g! Dit is hengel vir jou. “Some days you win, some days you lose.” Nietemin is ‘n tweede plek ‘n heel aanvaarbare BMT.

Die floaties wat die verskil vir my gemaak het was:

1. Duiwelsdrek
2. Banlic
3. Garlic Oozer

Die dips wat die visse in die sak verseker het, was:

1. Spiderman
2. Legend
3. Perdeby Plus
4. Banjo 
5. Sniper

Dankie Sensation en oom Schalk vir ‘n ongelooflike borg en vir die voorreg om deel te kan wees
van die Super Sensation familie.

Hengel Groete

Gert van der Merwe

[/et_pb_text][/et_pb_column][et_pb_column type=”1_4″ _builder_version=”3.9″ parallax=”off” parallax_method=”on”][et_pb_image src=”http://chillieswebsites.in/supercast/wp-content/uploads/2020/01/Foto-1-7.jpg” _builder_version=”3.9″][/et_pb_image][/et_pb_column][/et_pb_row][/et_pb_section]

Shopping basket

0
image/svg+xml

No products in the cart.

Continue Shopping