018 294 5276
SUPER CAST
orders@supercast.co.za

Kwaggaskloof 2019 – Gert van der Merwe

[et_pb_section fb_built=”1″ _builder_version=”3.9″][et_pb_row _builder_version=”3.9″][et_pb_column type=”3_4″ _builder_version=”3.9″ parallax=”off” parallax_method=”on”][et_pb_text _builder_version=”3.9″]

Môre almal

Ek het besluit om van Mosselbaai deur te ry Kaap toe vir ‘n Pro Mania. Die Pro Mania was aangebied deur oom Sarel by die gevreesde Kwaggaskloofdam. Die oggend 02:00 is ek op die pad. Aangekom by die dam, penne getrek en ek val in die eerste sone (pen 6).

Ek besluit die oggend op 2 afstande – 65m en 85m met my Short Range’s. Met dié wat die Kaapse damme laasjaar so leeg was, is hakplekke jou voorland. Ek het geweet dit gaan ‘n lang dag wees, veral toe die wind gaan lê het – toe was dit neusie verby om jou vis uit te kry. Deur die gewroeg en gesweet kry ek dit reg om 8 vis teen 8kg in die net te sit. Dit laat my darem met ‘n tweede in die sone en 4de vir die dag.

Ek het my visse aangekeer met die volgende kombinasies:

1. Perdeby & Sniper 

2. Piant & Kiana 

3. Garlic Oozers op die hoekies

Dankie aan oom Schalk, Super Cast en Sensation vir fenominale produkte, wat week in en week uit die verlangde resultate lewer.

Super Cast en Sensation

The Choice of Champions

Hengel Groete

Gert van der Merwe

[/et_pb_text][/et_pb_column][et_pb_column type=”1_4″ _builder_version=”3.9″ parallax=”off” parallax_method=”on”][et_pb_image src=”http://chillieswebsites.in/supercast/wp-content/uploads/2020/01/Foto-1-11.jpg” _builder_version=”3.9″][/et_pb_image][et_pb_image src=”http://chillieswebsites.in/supercast/wp-content/uploads/2020/01/Foto-2-9.jpg” _builder_version=”3.9″][/et_pb_image][/et_pb_column][/et_pb_row][/et_pb_section]

Shopping basket

0
image/svg+xml

No products in the cart.

Continue Shopping