Ek het deelgeneem aan Kroon se Pro Mania deelgeneem te Koppies dam. My dag het soos volg verloop:

Ek het vooraf geweet dat dit n baie uitdagende dag gaan wees. Daar was n paar groot name teenwoordig en die wind het behoorlik gewaai.

Ek het besluit om van die begin af met my twee Sensation Razors 12'6" en Ceymar 655’s te hengel. My regter stok het ek met rysmiere gelaai vir baber en die ander stok het ek op 115m gegooi vir die karpe. Twee Gumtree pitte met Paint & Kiana was my keuse op my karp stok.

15Min later trek my baberstok weg met ‘n mooi baber aan die lyn. Ek gooi toe weer die miere op dieselfde afstand en 10min later loop hy weer met nog ‘n baber. Na n uur wat die karp stok le met geen resultate teenoor die baberstok wat al 3 babers opgelewer het, besef ek dat die babers baie aktief is en dat ek hulle moet teiken.

Ek verloor 3 groot babers as gevolg van "tackle failure" maar wen my sone en kom algeheel 2de met 21 vis van 19.1kg.

Baie dankie aan oom Schalk en Sensation vir die geleentheid wat ek gebied word om vir Super Cast en Sensation te mag hengel!

Hengel Groete

Jaco Kruger