018 294 5276
SUPER CAST
orders@supercast.co.za

Knelpoort 2019 – John-Henry Sinclair

[et_pb_section fb_built=”1″ _builder_version=”3.9″][et_pb_row _builder_version=”3.9″][et_pb_column type=”3_4″ _builder_version=”3.9″ parallax=”off” parallax_method=”on”][et_pb_text _builder_version=”3.9″]

Vir die maand se ‘Hengel saam Super Cast’ het ons NG Gemeente Wepener se fondsinsameling gaan ondersteun by Knelpoortdam in die Vrystaat. Omdat dit swaar gaan in die platteland, kan die gemeente nie ‘n permanente dominee bekostig nie en gebruik sulke fondsinsamelings om geld bymekaar te skraap om ‘n dominee te betaal om weekliks deur te
laat kom vanaf Bloemfontein. Super Cast het sodoende pryse geskenk vir die prysuitdeling, want ons weet dit is vir ‘n groter doel.

Knellpoortdam word gereeld gehengel deur Bloemfontein klubs, so om waardevolle inligting te bekom was nie ‘n bekommernis nie. Dit was duidelik dat daar baie jong vis is, maar dié was nie ‘n Pro Mania of ‘n SA geleentheid nie. Kwantiteit sou jou aan die einde van die dag niks baat nie, maar die vis wat die skaal die swaarste laat kreun sou jou die wentjek besorg. Daar was heelwat pryse op die spel, maar die groot prysgeld sou gegaan het vir die grootste karp, baber en onderbek.

Vir die karpe het ek staatgemaak op Super Cast se befaamde Monster Mix met my gunsteling pit – ‘n Juana pit – as hoekaas. ‘n Algar degie as backing, net om die hoekaas te vergroot en hopelik die meeste jong vis weg te hou. Nou ‘n algar degie is afgekort vir almond/garlic en word soos volg gemaak: 1 deel garlic by 4 dele amandel. As ek dié degie maak sit ek 15ml Algar en 10ml water. By die algar gooi ek 2 mespunte groen fluoro wat ek dan goed meng. Die mengsel het dan so lekker donker groen kleur waaroor die karpe gaande is. Mens moenie die deeg te sag maak nie, want dit word veral in hitte vinniger pap as ‘n gewone soet wit degie. Dié mengsel maak so 2 klein pakkies deeg wat oor as genoeg is vir ‘n dag se hengel. Oom Johann Beukes wat op die stadium een van die beste hengelaars in die land is, gebruik gereeld dié degie.

Vir die moddervisse vra baie mense gereeld wat is die beste kombinasie. Daar is sekerlik nie een regte antwoord nie, maar twee kombinasies wat die toets van tyd deurstaan het is Vicks & Looti (of party verkies Ox Blood in plaas van die Looti) en dan my gunsteling – Stinkvoete en Tjop-Tjop. ‘n Wurmpie bo met ‘n growwe degie onder is enige muddy se dood. Vir die babers het ek ‘n buffet ingepak. Kariba’s, springers, krappe, rysmiere en viskoppe was alles op die spyskaart. Baie mense hengel rysmiere verkeerd en trek ‘n mier bo-oor sy knotless knot. Dit breek die rysmier en so wanneer jy werp beland die helfte van jou gesogte baberkos in die vlakwater. Die knoop wat gebruik moet word by die hoekknoop is die Grinner knoop. Dit is uiters sterk en die puntjie van die lyn steek na bo, wat beteken dit loop parallel met jou hooflyn. Sodoende word die mier nie gebreek wanneer hy oor die knoop getrek word nie. Die strop wat ek gebruik is 80cm met 15cm hoeklyne. Bo ‘n BAT nommer 3 hoek vir die 12 – 15 rysmiere en onder ‘n BAT nommer 5 hoek met 2 springers wat ek met my wurmnaald ryg, gedip in Sniper. By die Vaaldam tel mens ook baie keer die groter graskarpe op.

So het ‘n lekker naweek gekom en gegaan en het ek, en twee goeie vriende D.J. Oosthuizen en Eduan Wessels lekker kampvuurstories gedeel, sakke vol visse gevang en gepraat oor die grote wat gaan byt. Die rondte was dit nie ons beurt om die grote te vang nie. ‘n Penkop het weggestap met die grootste baber van 10.9kg en die grootste karp was 4.5kg. Nie monster visse nie, maar minstens kan ons sê ons het probeer! Voorspoedige nuwe jaar vir almal van almal by Team Super Cast.

[/et_pb_text][/et_pb_column][et_pb_column type=”1_4″ _builder_version=”3.9″ parallax=”off” parallax_method=”on”][et_pb_image src=”http://chillieswebsites.in/supercast/wp-content/uploads/2019/12/7-1-scaled.jpg” _builder_version=”3.9″][/et_pb_image][et_pb_image src=”http://chillieswebsites.in/supercast/wp-content/uploads/2019/12/1-2-scaled.jpg” _builder_version=”3.9″][/et_pb_image][et_pb_image src=”http://chillieswebsites.in/supercast/wp-content/uploads/2019/12/2-2-scaled.jpg” _builder_version=”3.9″][/et_pb_image][/et_pb_column][/et_pb_row][et_pb_row _builder_version=”3.9″][et_pb_column type=”1_3″ _builder_version=”3.9″ parallax=”off” parallax_method=”on”][et_pb_image src=”http://chillieswebsites.in/supercast/wp-content/uploads/2019/12/3-2-scaled.jpg” _builder_version=”3.9″][/et_pb_image][/et_pb_column][et_pb_column type=”1_3″ _builder_version=”3.9″ parallax=”off” parallax_method=”on”][et_pb_image src=”http://chillieswebsites.in/supercast/wp-content/uploads/2019/12/4-2-scaled.jpg” _builder_version=”3.9″][/et_pb_image][/et_pb_column][et_pb_column type=”1_3″ _builder_version=”3.9″ parallax=”off” parallax_method=”on”][et_pb_image src=”http://chillieswebsites.in/supercast/wp-content/uploads/2019/12/6-1-scaled.jpg” _builder_version=”3.9″][/et_pb_image][/et_pb_column][/et_pb_row][/et_pb_section]

Shopping basket

0
image/svg+xml

No products in the cart.

Continue Shopping