018 294 5276
SUPER CAST
orders@supercast.co.za

Jackie Leonard 2019 – John-Henry Sinclair

[et_pb_section fb_built=”1″ _builder_version=”3.9″][et_pb_row _builder_version=”3.9″][et_pb_column type=”3_4″ _builder_version=”3.9″ parallax=”off” parallax_method=”on”][et_pb_text _builder_version=”3.9″]

Hoe vang mens 100 vis in 8 ure? Met Tjop-Tjop en Stinkvoete op die bol, sagte SvB voer en ‘n potjie garlic oozers en nou en dan ‘n kariba op die hoek om dinge interessant te hou. Dit klink dalk eenvoudig maar dit was my plan waarby ek gehou het onlangs by ‘n Elite kompetisie te Jackie Leonard op die Vaaldam. Dit was nog altyd ‘n doelwit van my om 100 visse te vang in 8ure en watter beter oewer om die mylpaal te behaal as Jackie Leonard. Daar is hope onderbekke, karpies, geletjies en selfs monster babers.

In die week het ek gestop by die Super Cast fabriek in Potch om vars voer op te laai en so ook ‘n paar botteltjies Stinkvoete en Tjop-Tjop, enige muddy se “Achilles heel.” Op my ander stok het het ek beplan om met Ox Blood en Quatro te begin en nou en dan af te wissel met Sniper. Ons het gehengel van 07:00 tot 15:00. Aangekom by die water maak ek eerste ding my SvB voer aan om dit solank as moontlik tyd te gee om te “set”. Ek maak ‘n hele 2kg emmer aan, want as die stokke aan die byt gaan, wil ek nie nog rondkrap nie. Ek laai alreeds 8 stroppe vooruit, dip my bollle en plaas die stroppe in my voer emmer. Die eerste uur kom my 45m en 55m kol regtig nie regtig aan die gang nie en ek vang ‘n paar jong babertjies met ‘n karpie of twee tussendeur. Waar is die muddies dan? Ek hou aan my kol bou en na 2 ure het ek seker 10 visse in die net en Christo Lombard links van my het seker al 20 mooi karpe in die net. Hengel ek te vlak? Gebruik ek te veel konsentraat? In desperasie gooi ek ‘n kop op so 120m. Ek gee die kop ‘n regverdige kans om te byt en na 30 minute was daar geen teken van ‘n snor nie. Ek trek daardie stok uit en hak hom in op 40m. Dalk het ek te diep gehengel vir die muddies…

Ek flood die bol met Stinkvoete en Tjop-Tjop, sit ‘n garlic oozer onder en ‘n kariba bo en gooi hom op my nuwe 40m kol. Ek het nog nie eens ‘n polisieman aangesit nie en ‘n mooi onderbek hardloop letterlik met die stok in my hand. Kan dit wees? Het die muddies ingekom? Ek herlaai my 45m stok, staan 2 tree terug en gooi hom op 43m. Game on! Regdeur die dag het ek die muddies op ‘n ongelooflike tempo gevang en het op ‘n stadium met geen polisieman gehengel nie. Ek hengel in beginsel met ‘n geel lyn en het duidelik gesien as die vis byt. Ek weet baie ouens hengel met een hoek as die tempo hoog is, maar ek verkies om steeds met twee hoeke te hengel. Dit gee jou die geleentheid om elke dan-en- wan ‘n tweeling te vang (een vis op elke hoek). Ek gebruik dan graag ‘n groter sinker soos ‘n M1.5 wanneer ek onderbekke vang, want dan kan die eerste onderbek nie wegswem met jou aas nie, en gee die tweede onderbek kans om ook te byt.

Ek was geseënd gewees om 120 visse te vang in 8 ure en het my vorige PB oortref met 30 vis. Ek skryf dié sukses storie toe aan kwaliteit aas, kwaliteit toerusting en akkurate kolgooi. As ek nie my kol raak gegooi het nie, het die stok langer gelê. My BAT Shadow Carp 8ft stokkies gepaard met my Okuma Ceymar 640 katrolletjies het gehengel soos ‘n droom. Wat
ek ook moet noem is dat ek met baie groot bolle gehengel het as die wind gewaai het en as die wind stil was, het ek oorgegaan na klein bolletjies.

Ek is juis oppad Vaaldam toe nadat ek die artikel klaar geskryf het en gaan probeer om 150 visse vang in 8 ure. Met Super Cast in my arsenaal en Sensation gerei is “the sky the limit.”

[/et_pb_text][/et_pb_column][et_pb_column type=”1_4″ _builder_version=”3.9″ parallax=”off” parallax_method=”on”][et_pb_image src=”http://chillieswebsites.in/supercast/wp-content/uploads/2020/01/IMG_8782-scaled.jpg” _builder_version=”3.9″][/et_pb_image][et_pb_image src=”http://chillieswebsites.in/supercast/wp-content/uploads/2020/01/IMG_8810-scaled.jpg” _builder_version=”3.9″][/et_pb_image][et_pb_image src=”http://chillieswebsites.in/supercast/wp-content/uploads/2020/01/IMG_8875-scaled.jpg” _builder_version=”3.9″][/et_pb_image][et_pb_image src=”http://chillieswebsites.in/supercast/wp-content/uploads/2020/01/IMG_8753-scaled.jpg” _builder_version=”3.9″][/et_pb_image][/et_pb_column][/et_pb_row][et_pb_row _builder_version=”3.9″][et_pb_column type=”1_3″ _builder_version=”3.9″ parallax=”off” parallax_method=”on”][et_pb_image src=”http://chillieswebsites.in/supercast/wp-content/uploads/2020/01/IMG_8793-scaled.jpg” _builder_version=”3.9″][/et_pb_image][/et_pb_column][et_pb_column type=”1_3″ _builder_version=”3.9″ parallax=”off” parallax_method=”on”][et_pb_image src=”http://chillieswebsites.in/supercast/wp-content/uploads/2020/01/IMG_8852-scaled.jpg” _builder_version=”3.9″][/et_pb_image][/et_pb_column][et_pb_column type=”1_3″ _builder_version=”3.9″ parallax=”off” parallax_method=”on”][et_pb_image src=”http://chillieswebsites.in/supercast/wp-content/uploads/2020/01/IMG_8843-scaled.jpg” _builder_version=”3.9″][/et_pb_image][/et_pb_column][/et_pb_row][/et_pb_section]

Shopping basket

0
image/svg+xml

No products in the cart.

Continue Shopping