018 294 5276
SUPER CAST
orders@supercast.co.za

Jackie Leonard 2019 – Henco vd Westhuizen

[et_pb_section fb_built=”1″ _builder_version=”3.9″][et_pb_row _builder_version=”3.9″][et_pb_column type=”2_3″ _builder_version=”3.9″ parallax=”off” parallax_method=”on”][et_pb_text _builder_version=”3.9″]

Ek het deelgeneem aan ‘n klub kompetisie en so ook die Sondag aan ‘n Pro Mania. Twee vlieë met een klap. Twee voëls met een skoot. Of is dit dan twee visse met een strop?

Ons klub kompetisie was by Tannie Magriet se plaas en dit was my heel eerste keer by die oewer. Die senuwees loop hoog, want dit is ‘n nuwe klub. Nuwe mense. ‘n Nuwe begin. Ek probeer my hand in penne trek om te kyk of ek ook wonderwerke kan verrig soos kleinboet. Met my geluk, trek ek (un)lucky number 13 en darem pen 12 tesame vir bietjie hoop. Ek en Voete sit langs mekaar en ons altwee besluit om met afstande rond te speel. Hy begin op 65m en 85m en ek op 55m en 75m.

My Carp Tempo 10ft stokke van Sensation, gepaard met Okuma se Ceymar 640 baitrunners is gemaak vir tempo hengel. My eerste stroppe val die water sekondes na die sirene lui. 10 min later hak ek my eerste graskarp. Kleinboet staan al op 2. Ek het op my 55m lyn Vicks saam met Ox Blood gehengel met ‘n degie bo en kariba wurm onder. Op die 75m lyn begin ek met ‘n garlic oozer onder met ‘n soet wit degie en bo ‘n garlic amandel degie. Ek eindig die dag algeheel 3de by die seniors met 52 vis en Voete wen die junior afdeling met 42 vis.

To be continued… Pro Mania by Jackie Leonard die Sondag.

Ek en Jackie het nie die beste van suksesverhale saam nie. Ek het in die verlede baie gesukkel, maar ‘n nuwe dag, nuwe hoop en vol moed en selfvertrou gaan ek vir die comeback. Voete doen weer sy towerspel en trek penne 2-4. Ek word pen 2 geskenk deur klein boet – sy genade is groot. Hy kry 3 en my pa 4. Ek besluit toe om op 55m en 65m te begin.

55m

Strop: Kort vaaldam strop met 0.5 Super Hooks

Bo: Swd
Onder: Swd
Kombinasie: Devils Fork, Kaptein & Oxblood

65m

Strop: Super Link pypie met ‘n M1 gewig met 0.8 Bat hoekies
Bo: Swd
Onder: Plain geel float
Kombinasie: Perdeby & Kaptein

Op 65m is ek dadelik in die vis. Ek bou die 55m kolletjie stelselmatig en begin die vrugte daarvan pluk. Ek verander later die kombinasie op my 55m stok na slegs Stinkvoete op die bol. Dis mos nou regte muddie aas! Die muddies staan ry vir dié muti.

Die tempo raak oordonderend en ek skakel die laaste 2 tot 3 ure oor na ‘n skoon bol, met plain geel floats op die hoeke. Darem sou daar vir Voete bietjie Stinkvoete oorgebly het vir sy toebroodjies vir skool (tong in die kies).

Ek eindig 2de in my sone met 78 vis vir 28 kg. Ek eindig ook algeheel 3de vir die dag. So ook breek ek my PB wat fish count aanbetref in ‘n 8uur kompetisie. Dit sommer met 14 vis. Die visse het behoorlik tou gestaan vir ons Super Cast voer. So erg dat tussen my en Voete ons byna 6 kg se voer uitgehengel het. Baie dankie aan Sensation, Super Cast en oom Schalk in besonders vir die top gehalte toerusting en produkte waarmee hul ons verskaf.

Hengel Groete

Henco vd Westhuizen

[/et_pb_text][/et_pb_column][et_pb_column type=”1_3″ _builder_version=”3.9″ parallax=”off” parallax_method=”on”][et_pb_image src=”http://chillieswebsites.in/supercast/wp-content/uploads/2019/12/Foto-2-7.jpg” _builder_version=”3.9″][/et_pb_image][/et_pb_column][/et_pb_row][/et_pb_section]

Shopping basket

0
image/svg+xml

No products in the cart.

Continue Shopping