018 294 5276
SUPER CAST
orders@supercast.co.za

Kwaggaskloof 2019 – Wessel Mienie

[et_pb_section fb_built=”1″ _builder_version=”3.9″][et_pb_row _builder_version=”3.9″][et_pb_column type=”4_4″ _builder_version=”3.9″ parallax=”off” parallax_method=”on”][et_pb_text _builder_version=”3.9″]

Ek en Gert van der Merwe hengel ‘n Pro Mania Coastals Spanne Classic. Met die temperatuur wat reg oor die land daal a.g.v die frontale stelsel wat in beweeg, weet ons dat Kwaggas vir ons 'n uitdaging gaan inhou. Kwaggas is een van daai damme waar die pen wat jy trek jou kan maak of breek. Saterdag is die geluk teen ons. Ons penne lewer net ondermaat witvis op met beide van ons wat meer as 20 van die spesie vang.

Sondag trek ons egter beter penne. Ons plan vir die dag is om met swaar hoekase te hengel, en om garlic mielies op die hoeke te sit aangesien witvis nie so lief daarvoor is nie. Tweedens gaan ons op ‘n kort afstand kolle bou. Ons hak in op 55m en 60m met ons Sensation Finesse en Tempo V1 stokke.

Sondag waai die wind baie sterk skuins van voor. Die swaar hoekase lyk al beter in ons beplanning. Ek besluit om vroeg oggend witvis te teiken en sodoende my kwota te vang. Daarna kan ek op karp fokus. Op ons hoeke sit ons SWD, of ‘n wit floro amandel deeg en 'n knoffel pit. Op die bol gooi ons Perdeby, Devilsfork en FX. Op die tweede bal kom Perdeby en Spyker.

Ons vang steeds baie witvis maar kry ook die karps aan die byt. Vir die dag vang ek 9 karps en 5 witvis. Die 14 vis weeg 7.7kg. Gert vang 7 vis wat 6kg weeg. Ons eindig gelyk met 'n ander span. Hulle vang egter meer vis en word as wenners gekroon. Ons verwerf die tweede plek.

Danksy Super Cast en Sensation se puik produkte kon ons op dag twee die bordjies deeglik verhang.

Dankie aan oom Schalk van Super Cast en Sensation vir puik produkte en toerusting.

Hengel Groete

Wessel Mienie en Gert van der Merwe

[/et_pb_text][/et_pb_column][/et_pb_row][/et_pb_section]

Shopping basket

0
image/svg+xml

No products in the cart.

Continue Shopping