018 294 5276
SUPER CAST
orders@supercast.co.za

De Rust, Harties 2018 – Henco vd Westhuizen

[et_pb_section fb_built=”1″ _builder_version=”3.22″][et_pb_row _builder_version=”3.25″ column_structure=”3_4,1_4″][et_pb_column type=”3_4″ _builder_version=”3.25″ custom_padding=”|||” custom_padding__hover=”|||”][et_pb_text _builder_version=”3.27.4″]

Vroeg die vorige week het een van my goeie hengelvriende – Niekie van der Merwe – my gevra of ons bietjie lyne kan gaan natmaak. Met die wat die groot karpe op ’n streep uitkom by Harties het ons besluit ons gaan ook dié vetties teiken. Dit met papgooi. Die oewer wat die beste resultate die afgelope paar maande opgelewer het: De Rust.

Ons is eerste voor die hek, want in groot karp hengel is een van die belangrikste komponente die regte diepte water en daarom wil ons die eerste keuse hê. Met die inligting wat ons tot ons beskikking gehad het, het ons geweet reg voor die ablusie blokke dié area is om te sit. Iets wat my hart breek t.o.v Harties is die baie hiasinte. Hulle sê ’n boer maak ’n plan. Nog al te meer ’n boer wat hengel en sodoende sit ons so diep as moontlik in die water om die hiasinte wat jou lyne gaan optel naby aan die oewer te systap. My Sensation DC Pro’s is een van die beste stokke vir die dik bielies. Met ’n sensitiewe punt, maar ferm “back bone” kry mens die verlangde afstand, maar ook goeie “hook sets”. Ons papgooiers is mos in die algemeen nie vir aasbote nie. Op my linkerstok sit ek my M1 1/2 op my Super Cast quick link en op my regterstok ’n M0 op ’n quick link. 

Op my linkerstok het ek soos volg gehengel:

1. Paint & Kiana op die bol
2. Onder: Garlic oozer met ’n SW3. D daaragter
Bo: My gunsteling pit: ’n TCP pit
Op my regterstok:
1. Tjop-Tjop & Perdeby op die bol
2. Onder: Banjo super soft float met ’n degie daaragter
1. Bo: ’n Amandel pitjie

Die karpe byt maar traag en na 3 en ’n half ure vang ek ’n pan size karp op my regterstok en my ander vriend – Morne van Heerden – ’n skaflike karp van 3,7kg. Ek laai weer den gooi die M0 so vêr as moontlik. Klokslag op 13 minute gaan my Paint/Kiana combo stok se katrol aan die skreeu. Ek slaan vas en oombliklik weet ek, ek het ’n trein gehak, want ek kry nie die karp gedraai nie. Met die klein hoekies moet mens maar mooi speel en nadat ek die karp op die “hande dra”, na 45 minute maak die karp sy verskyning. 5 minute later en Marcel Barnard skep die bielie.

Sensation se BAT 0.8 hoekies het my verwagtinge oortref. Dit het ’n vlym skerp punt vir effektiewe “hook sets", dik genoeg wand om die groter karpe te kan trek en bestaan uit ’n uiterste hoë kwaliteit allooi, wat beteken die hoek buig nie oop nie.

Die voer van my keuse wat die karp lekker op gesmul het – SVB!!! Die kombinasie van die gebalanseerde partikels en vars reuk is kenmerkend en uniek aan die SVB geelsak. Ek bedank graag al my vriende wat die dag saam my spandeer het, kalm gehou het en sodoende ’n beslissende faktor gespeel het om my PB te breek.

’n Spesiale woord van dank aan Super Cast, Sensation en oom Schalk in spesifiek vir top gehalte produkte. Die geure, voer en Sensation se Ceymar katrolle het bygedrae om nie net die vis te lok nie, maar om die visbus met gemak te land. Die grootste dank aan my Skepper Heer vir die voorreg om in Sy natuur my talent en passie tenvolle te kan uitleef.

My seën wense vir SUPER byte.

Henco van der Westhuizen

[/et_pb_text][/et_pb_column][et_pb_column type=”1_4″ _builder_version=”3.25″ custom_padding=”|||” custom_padding__hover=”|||”][et_pb_image src=”http://chillieswebsites.in/supercast/wp-content/uploads/2020/01/Foto-3-3.jpg” align_tablet=”center” align_last_edited=”on|desktop” _builder_version=”3.23″][/et_pb_image][et_pb_image src=”http://chillieswebsites.in/supercast/wp-content/uploads/2020/01/Foto-2-3.jpg” align_tablet=”center” align_last_edited=”on|desktop” _builder_version=”3.23″][/et_pb_image][/et_pb_column][/et_pb_row][/et_pb_section]

Shopping basket

0
image/svg+xml

No products in the cart.

Continue Shopping