Middag hengel vriende,
Ek het deelgeneem aan ‘n Pro Mania te Cilliers Vaaldam. Met my aankoms het ek geweet dat dit glad nie ’n maklike dag gaan wees nie, omrede ons min hengelaars was en in een sone gaan hengel. Penne word getrek en met oom Johann Beukes regs van my en oom Alan Groves links van my, weet ek, ek gaan hard moet stry. So blaas die hoeter.Â
Ek begin my een stok op 65 meter met die volgende benadering:
Bo: Garlic oozer en SWD
Onder: SWD
Kombinasie: Terminator & Tjop-Tjop
Ek vang 7 vissies op hierdie afstand wat ek toe later na 85 meter skuif met presies dieselfde benadering. Die 85 meter het beter kwaliteit vis opgelewer op ’n konstante tempo.
My ander stok hengel ek heeldag op 75 meter met die volgende benadering:
Bo: Legend float en SWD
Onder: SWD
Kombinasie: Perdeby & Sniper en later bietjie Legend.
Ek het heeldag gehengel met my Short Range’s en Okuma Ceymar katrolle. Ek was geseënd gewees en kon wegloop met ’n algehele 3e plek met 61 vis vir 22kg.
Saam die gawe van die Hemelse Vader vir die talent en natuurskoon en met die regte toerusting, dips en voer in jou arsenaal, is jy al 90% daar.
Dankie oom SVB en Sensation vir die voorreg om deel van die familie te kan wees.
Hengel Groete
Jaco Kruger