Pro Mania 2019
Ek het deelgenaam aan ‘n Pro Mania, tesame met my klub kompetisie. Die dag vooraf is daar waarskuwings deur die SA Weerdienste vir erge vloede. Ons besluit egter om voort te gaan met die Pro Mania. Hengel moet ons hengel. Dit is dan in ons bloed. Ons hengel Stompdriftdam naby De Rust aan die wildreservaat se kant. My plan vir die dag is om een stok vir baber te gooi, terwyl ek met my tweede stok op 85m vir die karpe gaan hengel.
Ek land vinnig twee babers, een van 5.9kg en een van 3kg. Daarna raak die snor stok stil. Ek skuif hom na 110m en hengel verder vir karpe op die afstand. Met die wind wat van vroeg oggend af al sterker en sterker waai, besluit ek op ‘n M1 gewiggie met Super Cast se links. Op my 110m stok hengel ek Perdeby Plus en Banjo. Op die hoeke sit ek bo ‘n Garlic float met soet wit deeg en onder 'n Kariba wurmpie. Op die 85m strop sit ek Perdeby, Stuttaford O en Banjo. Die hoekaas van my keuse die keer is ‘n Garlic float en Banjo float. Ek het die babers vroegoggend geteiken met klein viskoppe.
Teen 14:00 lui die weerlig meter en sodoende het ons vir die water gekyk vir 45 minute in die veiligheid van ons bakkies. Ek eindig met 14 vis teen 28.5kg. Hiermee kry ek 'n tweede plek in die Pro Mania en met ons klub se reëls wat effens anders is as die Pro Mania reëls kry ek effektief ‘n eerste plek.
Ek wil baie dankie sê vir Super Cast en Sensation vir top kwaliteit produkte en toerusting week in en week uit. Soos hulle sê: “Daar is net een Cast en dit is is Super Cast!”
Hengel Groete
Wessel Mienie
[/et_pb_text][/et_pb_column][et_pb_column type=”1_4″ _builder_version=”3.25″ custom_padding=”|||” custom_padding__hover=”|||”][et_pb_image src=”http://chillieswebsites.in/supercast/wp-content/uploads/2020/01/Foto-2-1.jpg” align_tablet=”center” align_phone=”” align_last_edited=”on|desktop” _builder_version=”3.23″][/et_pb_image][/et_pb_column][/et_pb_row][/et_pb_section]