018 294 5276
SUPER CAST
orders@supercast.co.za

Haroldsdam 2019 – Wessel Mienie

[et_pb_section fb_built=”1″ _builder_version=”3.9″][et_pb_row _builder_version=”3.9″][et_pb_column type=”2_3″ _builder_version=”3.9″ parallax=”off” parallax_method=”on”][et_pb_text _builder_version=”3.9″]

Die afgelope naweek het ek ‘n Pro Mania gehengel by Haroldsdam in die Suid-Kaap. In die week wat opgebou het na die naweek was dit koue weer en sodoende het ek myself reggemaak vir ‘n koue dag langs die water. Tot my verbasing was die dag voorwaar aangenaam met ‘n middag temperatuur van 23 grade. Dit is algemene kennis dat die pen wat jy trek by Haroldsdam jou kan maak of breek en sodoende ‘n groot invloed het op jou prestasie. Ek trek een van die beter penne, wat druk op my sit om te presteer.

My plan vir die dag was om op 55m en 80m te hengel met my Sensation Finesse stokke. Ek besluit aanvanklik om nie aan my afstande te verander nie en eerder ‘n voerkol te bou. Ek maak my SVB voer met 'n bietjie Tartrazine aan. Vroeg kry ek baie klein vis op die kort afstand. Teen 10:00 maak ek skoon SVB voer aan. Dit het die gewenste uitwerking, weens die feit dat ek onmiddelik groter vis vang.

Later die dag kom die 80m stok mooi aan die gang en kry ek ‘n byt tempo van 9 min. Na 12:00 hengel ek met beide my stokke op 80m. My hoekase vir die dag was Garlic en Banlick Oozers. My een kombinasie was Perdeby en BMT en my tweede kombinasie was Banjo en Gumtree. Ek was geseënd om ‘n tweede plek vir die dag te behaal. Super Cast bewys homself weer as 'n top produk waarop jy altyd kan vertrou en my Sensation gerei is voorwaar ‘n sukses storie.

Hengel Groete

Wessel Mienie

[/et_pb_text][/et_pb_column][et_pb_column type=”1_3″ _builder_version=”3.9″ parallax=”off” parallax_method=”on”][et_pb_image src=”http://chillieswebsites.in/supercast/wp-content/uploads/2020/01/Foto-2-5.jpg” _builder_version=”3.9″][/et_pb_image][/et_pb_column][/et_pb_row][/et_pb_section]

Shopping basket

0
image/svg+xml

No products in the cart.

Continue Shopping