Ek het ‘n Pro Mania gevis by Stompdriftdam in die Suid-Kaap. Daar was baie reën en wind voorspel, maar nietemin hengel sal ons hengel. Ek trek pen 6 vir die dag. Op die oewer begin dit sukkel-sukkel en almal worstel om die visse aan die gang te kry. Soos die dag aangaan begin die tempo darem optel. Gelukkig kom daar bietjie reën, wat ons meer nodig het as hengel. Saam die reën kom die weerlig en so sit ons van half 2 tot half 3 in ons bakkies. Daar is te min tyd oor en ons besluit om dit ‘n dag te roep.
My plan was soos volg:
1. Dips – Perdeby/Banjo & Tjop-Tjop/Sniper
2. Hoek ase – Swd met garlic oozers en banlic oozers
3. Afstande – 85m en 115m
Met die beste produk op die mark – Super Cast – Kon dit my die eerste plek besorg met 17 vis vir 28kg.
Weereens dankie aan Sensation, Super Cast en oom Schalk vir kookwater toerusting en produkte en sonder die beste borg in die land sou consistency ‘n veranderlike gewees het.
Hengel Groete
Gert van der Merwe
[/et_pb_text][/et_pb_column][et_pb_column type=”1_4″ _builder_version=”3.25″ custom_padding=”|||” custom_padding__hover=”|||”][et_pb_image src=”http://chillieswebsites.in/supercast/wp-content/uploads/2020/01/Foto-2-16.jpg” align_tablet=”center” align_phone=”” align_last_edited=”on|desktop” _builder_version=”3.23″][/et_pb_image][/et_pb_column][/et_pb_row][/et_pb_section]