018 294 5276
SUPER CAST
orders@supercast.co.za

Roodekoppies 2018 – Henco vd Westhuizen

[et_pb_section fb_built=”1″ _builder_version=”3.22″][et_pb_row column_structure=”3_4,1_4″ _builder_version=”3.25″][et_pb_column type=”3_4″ _builder_version=”3.25″ custom_padding=”|||” custom_padding__hover=”|||”][et_pb_text _builder_version=”3.27.4″]

Ons het besluit om bietjie te gaan 'social' by die gevreesde Roodekopjesdam.

Wat die dam vir ons gerieflik maak is dat dit net 15 min vanaf die huis is. Ons besluit toe om na Roodekopjes hengeloord (ou Noord-Transvaal gronde) te gaan maar in die rivier gedeelte. Ek besluit om bietjie aan my gooi te werk in die wind en haal beide my DC Pro 12’6” uit gepaard met my Okuma Ceymar 655 katrolle vol Sensation Pro Series geel 5lb lyn. My linker stok hak ek in op 115m en my regter stok in op 135m.

Op 115m sit ek ‘n Super Link Gly Rietvlei strop, met ‘n M0 gewiggie. Op my boonste hoek sit ek ‘n amandel mieliepit op en onder sit ek ‘n Banjo float met ‘n degie. Op 135m hengel ek met ‘n Super Link Gly Rietvly met ‘n M1 gewig. Op my boonste hoek sit ek n Tjop-Tjop mieliepit en op my onderste hoek ‘n Banjo float en ‘n degie. Op my 115m se bol sit ek n strepie Rooi Gp, Legend en Devils Fork. Op 135m sit ek Tjop-Tjop saam met Paint.

‘n Uur later gaan my 115m aan die loop en ek maak vas met ‘n 5 kg karp en my langer stok bly lê. Na 2 ure skiet my 135m se polisieman op en gaan aanloop. Toe ek vas maak het ek geweet ek het ‘n groot vis aan. Later is ek 60m links van my staan plek en my klein boet(Jeandre) skep vir my n pragtige 5 spoed Roodekopjes karp van 8.35kg.

Dit was ook al vis wat ons vir die dag kon kry. My voer wat ek gebruik het was net die beste op die mark nl Super Cast se SvB voer.

Baie dankie aan oom Schalk vir die geleentheid om vir Super Cast te kan hengel. Dankie aan Sensation vir kwaliteit hengel gerei. Laastens maar nie die minste aan ons Hemelse Vader vir my talente en die voorreg om in Sy natuurskoon te kan hengel.

Hengel Groete

Henco vd Westhuizen

[/et_pb_text][/et_pb_column][et_pb_column type=”1_4″ _builder_version=”3.25″ custom_padding=”|||” custom_padding__hover=”|||”][et_pb_image src=”http://chillieswebsites.in/supercast/wp-content/uploads/2020/01/Foto-1-20.jpg” align_tablet=”center” align_phone=”” align_last_edited=”on|desktop” _builder_version=”3.23″][/et_pb_image][et_pb_image src=”http://chillieswebsites.in/supercast/wp-content/uploads/2020/01/Foto-3-9.jpg” align_tablet=”center” align_phone=”” align_last_edited=”on|desktop” _builder_version=”3.23″][/et_pb_image][/et_pb_column][/et_pb_row][/et_pb_section]

Shopping basket

0
image/svg+xml

No products in the cart.

Continue Shopping