018 294 5276
SUPER CAST
orders@supercast.co.za

2019 in ‘n neutedop – John-Henry Sinclair

[et_pb_section fb_built=”1″ _builder_version=”3.9″][et_pb_row _builder_version=”3.9″][et_pb_column type=”3_4″ _builder_version=”3.9″ parallax=”off” parallax_method=”on”][et_pb_text _builder_version=”3.9″]

Super Cast gee die pas aan in kompeterende hengel in SA…
Soos almal bewus is het die mees kompeterende reeks in SA – die Pro Mania reeks – se finaal gekom en gegaan. Dis hier waar die room van Suid-Afrikaanse hengel meeding om weg te stap met die eer as die beste van die beste. Nie te praat van oor die 1 miljoen rand se prysgeld wat uitbetaal is in 2019. Die eerste prestasie waarop ons besonders trots is nog voordat ‘n stok gegooi is met die finaal is dié van Johann Beukes. Hy was eerste in die A-afdeling om ‘n 100% BMT te behaal en het alreeds van die middel van die jaar die pas aangegee op die nasionale ranglys. Hy het dan ook meer as R12 000 gewen, meer as enige ander hengelaar. Hy was ook deel van die Super Cast WAFT span wat veelvoudige kere ‘n plek op die podium beklee het met die 6 spanne classics wat Pro Mania aangebied het.

Terug by die finaal. Die Vrydag is die spanne finaal, waar slegs die top mans spanne, die top dames spanne en top juniors, gemeet oor 6 spanne Classics uitgenooi word om te bepaal wie die top span is vir 2019 in hul onderskeie afdelings. Super Cast het weereens hul staal getoon en al drie ons mans spanne het gekwalifiseer, so ook ons dames en junior spanne. Ons Super Waft span het net uitgemis op ‘n medalje en het 4de geëindig. Ons dames en juniors het hul ook goed van hul taak gekwyt, waar ons dames ‘n 3de plek ingepalm het en ons juniors ‘n silver.

Die Saterdag is die dag waar die koring en kaf geskei word en dien as ‘n “semi-finaal”, waar slegs die top 15 Pro’s, top 15 Premier (B-afdeling), top 10 Meesters, top 10 Dames en Top 10 Juniors deurdring na die finaal. Hier het Super Cast loshande die meeste hengelaars wat gekwalifiseer het en ons is regtig trots op ons hengelaars wat deur die loop van die jaar opofferings gemaak het om tot dié rondte deur te dring. Waar die spanne finaal die Vrydag by Heartsease was, was Saterdag ‘n perd van ‘n ander kleur vir die Pro Afdeling se manne. Hulle het op Moolmans se eiland gehengel. Ruan Gunter het 125 visse gevang, Wikus Marx 122, Martin Delport 110, Theuns du Preez 109 en Leon 93 visse. Well done boys! By die meesters het verdedigende kampioen Robert Breedt die meester afdeling gewen en sodoende eerste gekwalifiseer vir die finaal. SvB het ook homself goed van sy taak gekwyt en ‘n plek bespreek vir Sondag se finaal. Nog ‘n besonderse prestasie was dat al 4 ons dames deurgedring het na die finaal en Elzaan het die Saterdag loshande gewen en het 72 visse gevang. Die dame wat tweede was het 54 visse gevang. Al drie ons juniors, Jeandre van der Westhuizen, William Warner en Arrie Steyn wat gekwalifiseer het vir die Saterdag, het ook deurgedring na die Sondag. Dan het een van ons opkomende hengelaars by die Premier Afdeling, Louis Spershott ook sy staal getoon en sy plek bespreek in die top 15 tussen 50 van die belowendste hengelaars in SA. 

Die Sondag het aangebreek en Super Cast het 15 hengelaars wat 26 jaar se tradisie met trots verteenwoordig. Eerstens wil ons vir Jan Tolmay gelukwens wat die eerste hengelaar geword het wat ‘n Pro Mania titel kon verdedig. “When the occasion demands it, the Super Cast angler always comes up to scratch” en dit was weereens die geval. Wikus “Wiele” Marx het derde gekom tussen die 15 beste seniors in die land. Die trofee by die meester afdeling het hande gewissel van een Super Cast man na die volgende. Die jaar was dit Schalk se beurt om gekroon te word as die beste meester in die land. Dieselfde scenario het afgespeel by die dames afdeling en weer het ‘n Super Cast dame weggestap met “bragging rights”. Juliet
het hom gevat en boonop ‘n baber geland van oor die 18kg. ‘n Rekord vir die dames afdeling in enige Pro Mania kompetisie. Boonop het Elzaan, die Suid-Afrikaanse dameskampioen, ook in die medaljes geëindig en kan baie trots wees op haar brons medalje. By die junior afdeling het Voete ook hard geboks en het algeheel derde geëindig. Super Cast is werklik trots om sulke ambassadeurs in die veld te hê. Met julle het Super Cast 2019 oorgegaan in die volgende rat en ons kan nie wag vir wat 2020 inhou vir ons Pro Mania hengelaars nie!

Maar dit het nie daar gestop nie. Lanie Lategan het in November die Meester SA’s gewen by Bloemhof tussen die top provinsiale hengelaars in Suid-Afrika. Hy het oor drie dae kop gehou en gewapen met die geel label kon hy die wa deur die drif trek. Lanie is ‘n “true blue die-hard” Super Cast man en ‘n hengelaar waarop ons onsettend trots is!

Hengelvriende daar is nog… Dit was die eerste week van Desember die ligte boothengel se Region 5 toernooi waar ons Protea hengelaars ons land verteenwoordig het by Gariepdam. Hier het van ons Super Cast ambassadeurs behoorlik verwoesting gesaai. Super Cast se Ockie Theunissen het goud gevat! Hy het die swaarste sak gevang oor beide dae met ‘n total van 184kg, die swaarste baber van 18.85kg en was gekroon as Victor Lidorum. Kort op sy hakke was nog drie Super Cast ambassadeurs, Eugene Gomes 2de, Joseph van Huyssteen 3de en in die 4de plek Marius Opperman. Om in die top 4 hengelaars te eindig tussen die top 28 boot hengelaars in Suider-Afrika sit nie in enige man se broek nie en ons is voorwaar trots om met julle geassosseer te word.

Dit stop natuurlik nie daar nie. Die dames, 0/21 en 0/16 afdeling is ook gewen deur Super Cast ambassadeurs. Michelle Theunissen het gewys dat hengel nie net in haar man se bloed is nie en het ook weggestap as wenner by die dames afdeling. Sy het ook die swaartste sak gevang oor die twee dae. By die 0/21’s het Jordan Pretorius goud gevat en Kyle Schmidt tweede. By die 0/16’s was Troy Spamers eerste en Ockie Theunissen Junior tweede. Ons wil baie dankie sê vir elke kompeterende hengelaar. Daar was soveel hoogtepunte deur die jaar en het sommer net nou die laaste maand beklemtoon. Julle vroeg opstaan, hoë
petrol rekeninge, verblyf, gereikostes en soveel meer word soms nie raakgesien nie. Maar julle is die hartklop van ons bedryf.

Vir elke nie kompeterende hengelaar daarbuite wil ons dankie sê vir ‘n 2019 vol glimlagte langs die water. Baie keer word die professionele hengelaars opgehef, maar julle is ons lewensbloed. Dankie vir julle volgehoue ondersteuning, al is daar dae wat hengel ons les laat op sê en ons leë hande huistoe gaan.
Sterkte vir die jaar wat voorlê. Mag julle sakke vol seëninge (en vis) wees!

Super Cast
The Choice of Champions

[/et_pb_text][/et_pb_column][et_pb_column type=”1_4″ _builder_version=”3.9″ parallax=”off” parallax_method=”on”][et_pb_image src=”http://chillieswebsites.in/supercast/wp-content/uploads/2019/12/IMG_7783.jpg” _builder_version=”3.9″][/et_pb_image][et_pb_image src=”http://chillieswebsites.in/supercast/wp-content/uploads/2019/12/IMG_7784.jpg” _builder_version=”3.9″][/et_pb_image][et_pb_image src=”http://chillieswebsites.in/supercast/wp-content/uploads/2019/12/IMG_7785.jpg” _builder_version=”3.9″][/et_pb_image][et_pb_image src=”http://chillieswebsites.in/supercast/wp-content/uploads/2019/12/IMG_7788.jpg” _builder_version=”3.9″][/et_pb_image][et_pb_image src=”http://chillieswebsites.in/supercast/wp-content/uploads/2019/12/IMG_7886.jpg” _builder_version=”3.9″][/et_pb_image][/et_pb_column][/et_pb_row][et_pb_row _builder_version=”3.9″][et_pb_column type=”1_4″ _builder_version=”3.9″ parallax=”off” parallax_method=”on”][et_pb_image src=”http://chillieswebsites.in/supercast/wp-content/uploads/2019/12/IMG_7703.jpg” _builder_version=”3.9″][/et_pb_image][/et_pb_column][et_pb_column type=”1_4″ _builder_version=”3.9″ parallax=”off” parallax_method=”on”][et_pb_image src=”http://chillieswebsites.in/supercast/wp-content/uploads/2019/12/IMG_7705.jpg” _builder_version=”3.9″][/et_pb_image][/et_pb_column][et_pb_column type=”1_4″ _builder_version=”3.9″ parallax=”off” parallax_method=”on”][et_pb_image src=”http://chillieswebsites.in/supercast/wp-content/uploads/2019/12/IMG_7706.jpg” _builder_version=”3.9″][/et_pb_image][/et_pb_column][et_pb_column type=”1_4″ _builder_version=”3.9″ parallax=”off” parallax_method=”on”][et_pb_image src=”http://chillieswebsites.in/supercast/wp-content/uploads/2019/12/IMG_7883.jpg” _builder_version=”3.9″][/et_pb_image][/et_pb_column][/et_pb_row][et_pb_row _builder_version=”3.9″][et_pb_column type=”1_3″ _builder_version=”3.9″ parallax=”off” parallax_method=”on”][et_pb_image src=”http://chillieswebsites.in/supercast/wp-content/uploads/2019/12/IMG-20191205-WA0031.jpg” _builder_version=”3.9″][/et_pb_image][/et_pb_column][et_pb_column type=”1_3″ _builder_version=”3.9″ parallax=”off” parallax_method=”on”][et_pb_image src=”http://chillieswebsites.in/supercast/wp-content/uploads/2019/12/IMG_7813.jpg” _builder_version=”3.9″][/et_pb_image][/et_pb_column][et_pb_column type=”1_3″ _builder_version=”3.9″ parallax=”off” parallax_method=”on”][et_pb_image src=”http://chillieswebsites.in/supercast/wp-content/uploads/2019/12/IMG_7789.jpg” _builder_version=”3.9″][/et_pb_image][/et_pb_column][/et_pb_row][/et_pb_section]

Shopping basket

0
image/svg+xml

No products in the cart.

Continue Shopping